DIE ATKV Uitenhage se volgende lede-vergadering word eerskom-ende Dinsdag, 7 Augustus by Eric Tindale Place 14, Vanes, gehou.
Tydens hierdie vergadering sal die afgevaardigde wat die Algemene Jaarvergadering van ATKV hoofkantoor bygewoon het terugvoering gee.
Dit is die laaste lede-vergaderings van die jaar en daarom is dit belangrik dat soveel moontlik lede dit bywoon. Bywoning moet bevestig word deur Marina te bel by 083 232 0731. Na afloop van die vergadering sal daar rustig gekuier word en ligte verversings sal aangebied word.