Share

Braaidag: Riaan se Roland Ward elandwors

BRAAIDAG lê en wag om eerskomende langnaweek af te sluit. Maandag is ’n vakansiedag omdat dit Erfenisdag is.

So, kry reg die skaaptjoppies, hoender, groentepakkie vir vegetariërs of Suzelle se braai pie. Wors is die ander Suid-Afrikaanse lekkerny wat op sy beste proe nadat dit ’n paar draaie oor die kole gemaak het.

“Wors kan nie wors genoem word as dit nie met goeie vleis, die regte speserye en vet én ook met geduld gemaak word nie,” sê Riaan Swanepoel wat vanjaar as Noorsveld Jag & Skietklub se naaswenner aangewys is in die “My Wors is die Beste” kompetisie.

Dié kompetisie was deel van ’n familiedag wat op Jansenville aangebied is.

Riaan se gerookte eland-en-kaaswors is inderdaad van goeie vleis gemaak, want dit kom van ’n Roland Ward-trofeë eland met 38 duim horings, wat hy vroeër die jagseisoen platge-trek het.

“Die eintlike wors wat ek geniet om te maak is vlakvarkwors, maar toe kom dié eland oor my pad. Dit is baie vleis, so nou maak ek eland in al sy vleisvorme.

“Ek hou van kaaswors. Dit werk vir my en natuurlik om die wors te rook met gwarrie-, rooikrans- of soetdoringhout.”

Riaan sê worsmaak is tydsaam en elke proses het sy truuks wat bydra dat die eindresul-taat geurig en lekker is.

“Nadat ons die vleis in blokkies gesny het, word dit eers gevries en dan na ’n dag of twee gemaal.

“Jy soek nie pap vleis nie, dit gaan soos tandepasta deur die meul, jy soek lekker stewige stukkies vleis.”

Na die maalpro-ses word sy mengsel speserye en kaas ingemeng en dan word die wors gestop.

“Wéér ’n keer moet die wors bietjie lê en rus vir ’n dag sodat die speserye lekker in die vleis kan introu.

“Dan kom die rokery. Hierdie elandwors is drie keer gerook.

“Vir my is dit belangrik dat die wors ten minste vir drie dae rustyd in die yskas kry voor dit gevries word. Dit is sodat die kombi-nasie van speserye, kaas en rook goed in die vleis intrek,” sê Riaan.

Riaan se vrou, Maro, help wanneer dit kom by die worsstop en hul dogter, Emma, help met die verpakking.

“Jansenville is nie Uitenhage of Despatch nie, dit is ’n stoere-boere gemeenskap. Daar is baie kennis oor boerewors en ou worsresepte wat daar die rondte doen,” sê Maro.

“Daarom het ons besluit om ’n worsproduk in te skryf wat anders is as die gewone.”

Riaan sê hulle is volgende jaar beslis weer by die Noorsveld Kag & Skietklub se wors-kompetisie.

Dié keer om sy titel as Noorsveld Wors- koning naaswenner te verdedig en hy is van plan om dan die wenwors te maak!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 356 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 743 votes
Vote
Rand - Dollar
19.17
-0.1%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.44
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
939.20
-1.2%
Palladium
1,024.50
-0.5%
Gold
2,373.49
-0.2%
Silver
28.26
+0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,905
-0.4%
All Share
72,964
-0.4%
Resource 10
62,848
-0.7%
Industrial 25
98,162
-0.3%
Financial 15
15,429
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE