Share

Brandwag: grootste klas in Oos-Kaap met 100% slaagsyfer

BY die Hoërskool Brandwag op Uitenhage het die 2018-matrieks ’n 100%-slaagsyfer behaal, maar dis nie al nie. Die 138 matrieks wat verlede jaar by Brandwag matriek geskryf het, is die grootste matriekklas in die Oos-Kaap met ’n 100%-slaagsyfer.

Die twee skole wat die naaste aan Brandwag kom is Collegiate Girls High in Port Elizabeth se 135 matrieks en Clarendon Girls High in Oos-Londen se 132 matrieks wat óók almal deurgekom het.

Hulle het ’n klasgemiddeld van 62% behaal en 88,1% van die matrieks het toelating tot graadstudie verwerf.

Die 5 toppresteerders het almal gemiddeldes bo 85% en elk minstens 6 onderskeidings behaal.

Die toppresteerder is Chanri Strydom met 7 onderskeidings. Verder het Kyla Minette Steyn, Ané Strydom, Luan van Loggenberg en Stefan Strydom elk 6 onderskeidings.

Die matriekklas het altesaam 138 A’s opgestapel.

Brandwag se 162 graad 11’s van 2018 het ook ’n 100%-slaagsyfer. Die res van die skool het ook besonder goed gevaar en Brandwag se slaagsyfer vir die skool in geheel is 99%.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 883 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE