Share

Brandweer-broers op pad na wêreldspele

TWEE brandweer-broers van Uitenhage se krag, fiksheid, uithouvermoë sowel as pre-siesheid is op die spel met hul deelname aan die wêreld-brandweerspele wat eerskomende Maandag in Chungju, Korea begin.

Dit sal die 4de brandweerspele wees waar Alton Senekal (44) deelneem. Vir sy broer Riaan Senekal (47) is dit ’n 5de wêreld-brandweerspele agter sy naam. Beide was as wêreld-kampioene gekroon by vorige speles, Alton (2010 en 2012) in muurbal en Riaan in hamergooi (2010 en 2012). Die Suid- Afrikaanse toutrekspan, waarvan hulle deel was, het in 2010 gewen.

Vanjaar gaan die Senekal-broers vir die eerste keer as ’n span deelneem aan perdehoefgooi, ’n sport wat min of meer soos jukskei is. En natuurlik is hulle wéér ingesluit in die toutrekspan.

Riaan gaan spiesgooi, skyfwerp, gewigstoot, hamergooi, 2km trappe-hardloop teen ’n berg op sowel as kragoptel doen. Hy is in die meesters B kategorie en Alton neem deel in die meesters A kategorie.

“Ons is altyd redelik fiks, maar so 6 maande voor ’n spele skerp ons dit behoorlik op. In dié tyd het ek 20kg afgegooi. Ek voel goed en is reg vir die uitdagings,” sê Riaan.

“Die kompetisie is baie taai, maar lekker. Wat regtig awesome is, is die kameraadskap tussen brandweermanne van regoor die wêreld.”

Alton het ingeskryf vir muurbal (enkel- en dubbelspel).

“Ek gaan ook in die ope-afdeling vir muurbal deelneem. Dit is tough want ek is al 5 jaar oor die ouderdomsperk, maar ek sien kans vir die jonger outjies,” sê Alton.

Die Senekal-broers is die enigste Oos- Kapenaars in die span van 10 Suid-Afrikaners wat aan dié 13de wêreld-brandweerspele gaan deelneem.

Sowat 6 000 brandweermans en -vroue van 50 lande regoor die wêreld gaan aan 75 items deelneem.

“Wat dié speles spesiaal maak, is die saamkuier en stories van ander brandweermanne. Ons vertel van ons groot brande hier wat ons moes blus, maar dan luister jy na ouens wat in die Twin Towers was!” sê Alton.

Riaan sê sodra hulle terugkom begin hulle dadelik beplan om die volgende wêreldspele by te woon.

“Waar dit gaan wees weet ons nog nie, dit word eers aan die einde van ’n spele aangekondig.”

Die Senekals is beide vir meer as twee de-kades verbonde aan die KwaNobuhle brandweerstasie waar hulle stasie-offisiere is.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 387 votes
No! It's time to move on ...
36% - 213 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.81
+0.6%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
921.00
+1.0%
Palladium
989.00
-1.6%
Gold
2,332.36
+0.7%
Silver
27.34
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,410
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
61,905
+2.4%
Industrial 25
102,553
-1.4%
Financial 15
15,834
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE