Die Christos Dunamai Sangers is op hul Kersfeestoer na 10 dorpe in die Oos- en Wes-Kaap wat afgesluit word op hul tuisdorp, Uitenhage, in die Allanridge gemeenskapsaal op 25 Desember om 19:00.
Vroeër vanjaar is die Christos Dunamai Sangers deur Gabriel Globel Gospel benoem vir die toekenning van “Beste Gospel Mannekoor in die Nelson Mandela Metropool”.
Kaartjies vir die Kersfeeskonsert is R25 per persoon en is verkrygbaar by groepslede. Die groep bestaan uit ’n vier-man orkes en sangers Ronwen Claassen, Cyril Stuurman, Bassie Human, Chris Ressouw, Ozzie Daniels, Keenen Petersen, Eljone Seekoei en Manus Philips.
- Vir meer inligting bel Eugene 067 179 5722 of Chris 082 947 0444.