Share

Despatch leerlinge groet hulle ‘meester’

DIE “kaalvoetseun van Kabah” het die “meester van Despatch Primêr” geword en is verlede week as ’n rigtinggewer van dié skool en steunpilaar van die gemeenskap gegroet met sy aftrede as skoolhoof einde Augustus.

Danny Jacobs was 32 jaar in die onderwys, 17 jaar daarvan as skoolhoof by Despatch Primêre Skool.

“Hy was sielkundige, trooster en skeidsregter. Soms het hy die rol van ’n pa by die skool vervul en dan het jy gehoor hoe hy van die ‘bleddie kakkerlakke’ praat in sy kamtige uitskeltaal,” sê Ronwyn Meyer, departementshoof by Despatch Primêr se fondasie-fase.

“Maar ons meester was die 7de prinsipaal by die skool, daar is 7 personeel oor wat saam met hom 17 jaar gelede hier begin het, die reënboog het 7 kleure, daar is 7 sakramente en die Here vra dat ’n mens 70 maal 7 keer moet vergewe. Sewes is simbolies van meneer Jacobs en daarom was hy altyd ywerig om eerste te vergewe, baie meer as die 70 maal 7 keer!”

Vuyisile Jonas van die departement van onderwys het gesê Jacobs was as prinsipaal soos ’n kompas vir die skool.

“Hy was ’n rigtinggewer wat die lewens van baie kinders hier geraak en hulle in die regte rigting gestuur het.”

Jacobs is ’n lid van die bekende Christadelphians sanggroep en dié sangers het tydens die afskeids-byeenkoms by die skool vir hom die lied “Lion of Judah” gesing.

Eerwaarde Navan Adonis, wie ook die einde van die jaar aftree, het beaam wat Jonas van die skoolhoof gesê het.

“Niemand volg iemand as hulle nie weet waarheen hulle op pad is nie. ’n Goeie onderwyser word ’n goeie skoolhoof wat kinders in die regte rigting die toekoms inlei, nie terug in die verlede nie.

“Die impak van ’n onderwyser bly lewenslank. Dit is soos om goeie saad te saai en te weet jy hoef nie daar te wees as dit oestyd is nie, jou deel is gedoen.”

Volgens Adonis is daar nie kitssuksesse in onderwys nie.

“As jy pampoene wil oes kan jy dit oor ’n maand of twee kry, maar as jy sterk akkerbome wil hê moet jy 40 jaar wag. Wat Danny gesaai het, gaan hy nie nou al sien nie.”

Adonis het ook gesê om leerlinge se toe-koms op die hart te dra moet onderwysers op die toekoms fokus.

“Onderwysers moet hulle van politiek in die onderwys weerhou.

“Onderwys in Suid-Afrika word afgebreek deur politici wat geen belang het by leerlinge se toekoms nie, maar fokus op eie gewin met hul kortsigtige belang by ’n volgende verkiesing. Hulle dink nie aan sterk akkerbome nie.

“Ek ken Danny meer as 40 jaar. Hy was ’n ware onderwyser en skoolhoof wat eerlik bemoeid was met die toekoms van sy leerlinge,” het eerwaarde Adonis gesê.

Jacobs, as lid van die Christadelphians, is nou voltyds bedrywig met die reëlings van dié sanggroep se 50ste bestaansjaarvieringe in Paastyd 2019.

Hy is ook die voorsitter en stigterslid van Monique Haven Victim Support Centre, ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 2002 hulp verleen aan kinders en vroue wat slagoffers is van geweld en verkragting. Die sentrum is gestig na die wrede moord in Reservoir Hills, 17 jaar gelede, op ’n klein dogtertjie met die naam Monique.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 886 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE