Share

Despatch veerpyltjieman nommer 1 in SA

Veerpyltjiekampioen Christo Meiring van Despatch is Suid-Afrika se nommer een gekeurde speler wat volgende jaar aan die wêreldbeker-veerpyltjiekampioenskappe in Roemenië gaan deelneem.

Dit is Meiring se vyfde deelname aan ’n wêreldbeker. Hy was voorheen in Frankryk, toe Nederland, Australië, Kanada en nou wag die voormalige Oosblokland Roemenië.

Hy het ook in Alexandra Palace, London aan ‘n internasionale enkelspel kampioenskappe deelgeneem waar hy teen Phil Taylor, wat be-skou word as die wêreld se beste veerpyltjiespeler ooit, kragte gemeet het.

“Phil het my gewen, maar ek het hom opdraende gegee. Ek kon net nie toemaak nie. Die oomblik was te groot,” sê Meiring wat al vir 39 jaar ‘n gedugte veerpyltjiespeler is.

As 66-jarige, is Meiring die oudste nasionale kompeterende veerpyl-tjiespeler in die land en hy reken hy is ook die oudste op internasionale vlak.

Na die Suid-Afrikaanse veerpyl-tjie kampioenskappe wat onlangs in Johannesburg aangebied is, het Meiring se naam bo-aan die nasionale ranglys van dié sport verskyn. Hy het die Oos-Kaap sowel as St Croix Distrik Veerpyltjieverenig-ing (Uitenhage en Despatch) verteenwoordig en was kaptein van beide die spanne.

“Ons Oos-Kapenaars het goed gedoen. Ons het WP geklop en teen Gauteng verloor en op die einde was ons tellings gelyk, maar WP is as die wenners aangewys en ons was derde,” sê Meiring.

Hy is ook gekeur vir die Suid- Afrikaanse veerpyltjiespan wat later die maand in Blantyre, Malawi aan die Sone 6-veerpyltjie kampioenskappe gaan deelneem, maar het onttrek. Deon Oliver van die Baai gaan Meiring se plek in dié span vul.

Die vier top gekeurde Suid- Afrikaanse spelers wat vir die Protea-span gekies is wat aan die 2019 Wêreld Veerpyltjie-kampioenskappe in Roemenië gaan deelneem is Christo Meiring (Ooskaap), Wesley Darries (WP), Les Gouveia en Shaun Hogan (beide van Gauteng).

Meiring sê dit is ‘n senutergende sport wat absolute presisie verg, veral by ‘n wêreldbeker, maar hy sien baie uit om Suid-Afrika daar te verteenwoordig.

Nog ’n opgewondenheid is dat die Suid-Afrikaanse veerpyltjiekam-pioenskappe volgende jaar in Port Elizabeth aangebied word. Dié kampioenskappe is 14 jaar gelede in die Baai aangebied.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 366 votes
No! It's time to move on ...
36% - 206 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.8%
Rand - Pound
23.82
+0.5%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+0.9%
Platinum
911.60
-0.1%
Palladium
987.50
-1.7%
Gold
2,318.40
+0.1%
Silver
27.17
+0.1%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,137
-0.6%
All Share
74,067
-0.6%
Resource 10
61,179
+1.2%
Industrial 25
102,305
-1.6%
Financial 15
15,839
+0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE