Share

Duiwemanne se

WEDVLUGDUIWE se rustyd op hok het aangebreek en die blink gepoleerde trofeë is oorhandig aan die verskeie posduif-verenig-ings se kampioene en pryswenners.

Gert Nell van Gert & Vennote is vanjaar weer die klubkampioen van die Uitenhage Posduif-vereniging (Uitenhage Homing Society) terwyl Clayton van der Westhuizen van Van-Mar Lofts die naaswenner was.

Nell was die naaswenner in die Uitenhage Federasie met Van der Westhuizen derde terwyl Stefan Strydom die wenner was.

In vanjaar se wedvlugseisoen was dit heeltyd ’n vlieënde stryd tussen Nell en Van der Westhuizen se duiwe.

Van die 11 afdelings was Nell die kam- pioen van 6 en Van der Westhuizen die kampioen van 5 afdelings.

“Om duiwe te vlieg is harde werk wat 365 dae van die jaar jou tyd en toewyding verg,” sê Gert Nell (78) wat vanjaar sy 57ste jaar in die wedvlugbedryf geniet het.

“Vanjaar wou ek so bietjie terugsit en ’n ontspanne seisoen geniet, maar hierdie vrou van my nie. Sy het die duiwemandjies gepak en tot hier by die voordeur gebring en gesê kom, dit is oefentyd!

“Daarmee saam het Wessie se duiwe my gedruk. Tot net voor die laaste wedvlug was daar nog geen duidelikheid oor wie vanjaar die klubkampioen gaan wees nie,” sê Nell.

Hy bedank graag Willie de Jager van Vryburg, die teler en borg van die duiwe wat Nell hier op Uitenhage afrig.

Volgens Van der Westhuizen (Wessie) wie se duiwe as die Van-Mar Lofts hok vlieg, was vanjaar se wedvlugseisoen vol uitdagings en ’n moeilike en stadige een.

“Die klimaatsomstandighede was nie ideaal vir wedvlugte nie en veral die winde het die duiwe moeg gemaak. Daarby is die oos en noord-oos roetes nie gunstig vir duiwe van Uitenhage en Despatch nie,” sê Van der Westhuizen.

Volgens die duiweboere van Uitenhage en Despatch, pas die oos en noord-oos roetes die duiweboere van die Baai, want die westewind druk die duiwe kuslangs en reguit huistoe.

Dit is nie die geval met duiwe van Uitenhage en Despatch op dié roete nie.

Die westewind druk hulle op ’n langpad om die Baai en in plaas daarvan dat hulle uit die noorde hokke toe vlieg, kom hulle uit die suide.

Ongeag in watter rigting die wind waai, sal ’n duiweboer se liefde vir dié sport altyd die dryfveer bly om seisoen na seisoen deel te neem.

“Ek is lief vir my duiwe, maar hulle is netso lief vir my. Veral die wyfies, hulle sleep behoorlik vlerk by my en party maak ’n oorlas van hulself en kom sit op my kop. Daarvan hou ek niks, want ek laat nie ’n wyfie op my kop sit nie,” sê Nell spottend.

Van der Westhuizen sê hy kry sy inspirasie by Nell.

“As ek hier verby ry dan sien ek daar gaan die blou karretjie al weer pad toe. Dan sê ek vir my vrou, Claudette, laat ons die duiwe pak ... as ek wil bybly sal hulle moet oefen.”

Nell se vrou, Orgia, is sy vennoot in dié sport waar hy die oudste deelnemer in die Oostelik Provinsie Posduifunie is.

“Daar is nie tyd vir rus in die wedvlugseisoen nie. Toe my man nog gewerk het en hy stop hier 16:20, dan staan al die duiwemandjies reg in die drive way. Hy sal nog sê, maar my vrou, kyk die weer, dan sê ek ... pad toe my man, pad toe!” sê Orgia Nell.

Van der Westhuizen spot en sê dit is hoe-kom hy so gereeld gaan koffie drink by die Nelle, want die wenke wat hy daar kry is nie opgeskryf in ’n handboek nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 959 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE