Share

Graad R-klas sonder punte na brand by skool

LEERDERS van ’n graad R-klas op Uitenhage se punte vir die einde van die jaar sowel as hulle werkstukke is vernietig in ’n brand wat deur boosdoeners in ’n klaskamer gestig is.

Ettiene Terblanche, skoolhoof van Seagull Primêre Skool sê hy is verlede Vry-dag omstreeks 05:00 gebel en ingelig dat daar rook uit een van die tydelike opslaan-klaskamers trek.

“Daar was groot gate in die mure gekap van die twee ou opslaan-klasse. Beide die klasse se vensters en deure is beveilig, so die inbrekers het seker besluit dan moet hulle deur die mure gaan,” sê Terblanche.

“Alles is vernietig. Die onderwyseres was besig om haar klas se punte vir die einde van die jaar reg te kry en dit sowel as al die kinders se werkstukke is verbrand.”

Een van die klaskamers is totaal vernietig deur die brand en die ander graad R-klas het erge brand- en rookskade.

“Ek reken dit is so R100 000 se skade,” sê Terblanche.

Volgens hom is daar sowat twee maande gelede van die sekuriteitskameras by die skool gesteel. Hulle weet nie of die steel van die kameras verband hou met kinders wat duiwe by die skool kom vang nie.

“Hier is ’n probleem met duiwe in die dakke van klaskamers en daar is by ander klasse ingebreek om in die plafonne te kom om die duiwe te vang. Ons vermoed dié inbrekers hou die duiwe by hulle huise aan,” sê Terblance.

Polisiewoordvoerder kaptein Gerda Swart het bevestig dat daar twee klagtes geopen is, naamlik brandstigting en opsetlike saakbeskadiging. Die sake word ondersoek.

  • Enigeen wat oor inligting beskik oor dié brandvoorval by Seagull Primêre Skool word versoek om die skool te bel by 041 988 4517 of Kamesh polisie by 041 988 8718.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 400 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 828 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.2%
Rand - Pound
23.70
+0.5%
Rand - Euro
20.36
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
944.30
-0.6%
Palladium
1,026.00
-0.3%
Gold
2,395.13
+0.7%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE