Share

Innes groet geliefde skoolhoof én juffrou

WANNEER skoolhoof Leslie Stander en sy onderwyservrou, Elsabé, môre vir die laaste keer by die skoolhek uitstap vat hulle die pad in hul kampeerwa na Stormsrivier.

Die egpaar tree beide die einde van Augustus af en dan word hulle tweede liefde, reis, hul eerste liefde. Tot en met dan was onderwys die Standers se groot liefde.

Leslie Stander was vir 41 jaar in die onderwys, waarvan die laaste 25 jaar by Laerskool Innes en hier was hy vir 20 jaar skoolhoof. Voor dit was hy by onder andere Laerskool Tjaart van der Walt en Ankervas.

“Vir seker gaan ek die skoolkinders mis. Ook die organisasie van dinge, as mense so mal raak dan floreer ek. Uitdagings is vir my lekker,” sê Leslie.

“In my tyd in die onderwys het ek ’n siklus sien voltooi. Van waar ons begin het, deur veranderende sisteme soos uitkomsgebaseerde onderwys, tot nou waar dit terug neig na die oorspronklike sisteem wat goed gewerk het.”

Vir Leslie is die plaas- en natuurlewe op hulle kleinhoewe langs die Swartkopsrivier sy lewe. “Ek speel nie gholf nie en lieg nie te veel nie, so boer is wat ek nou gaan doen.”

Elsabé sê die opregtheid van Innes se ouers is iets wat hulle baie na aan die hart gelê het.

“Hierdie ouers se kinders is hulle alles! Hulle is eenvoudig eerlik en toegewyd in hulle ondersteuning vir die skool,” sê Elsabé.

JJ Britz, wat na Stander se aftrede die waarnemende skoolhoof gaan wees sê, “Leslie was ’n onderwyser deur-en-deur en wou altyd ’n verskil in kinders se lewens maak.”

Stander het ’n groot rol vervul in die vakke Afrikaans (lees) en wiskunde en in buite-muurs was sy voorliefde atletiek en rugby waar hy op verskeie komitees gedien het. Vir ’n hele paar jaar was hy die voorsitter van die OP laerskole rugby-unie.

“Innes sê vir die Standers baie dankie en wens hulle sterkte toe vir die aftreejare,” sê Britz.

Leslie het sy aftrede tot op die laaste uitge-rek want hy het Maandag, 27 Augustus, vier dae voor dié groot dag, sy 65ste verjaardag gevier. Die egpaar gaan in September hul eerste toer as afgetredes aanpak en blomme kyk in Namakwaland!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 383 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 803 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.2%
Rand - Pound
23.76
+0.3%
Rand - Euro
20.41
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
944.50
-0.6%
Palladium
1,030.00
+0.1%
Gold
2,389.77
+0.4%
Silver
28.53
+1.1%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,244
+0.1%
All Share
73,291
+0.0%
Resource 10
63,155
-0.2%
Industrial 25
98,642
+0.2%
Financial 15
15,492
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE