Share

Jong rolbalspeler behaal vele ‘eerstes’

’n JONG rolbalspeler van Despatch het dié sport op sy kop kom keer en ’n paar eerstes vir die dorp en sy rolbalklub aangeteken.

Edwin Nance (21) is OP rolbal se jongste speler én die 2018 amateur-kampioen (novice). Dit is die eerste keer sedert die kampioenskap in 1932 begin het dat ’n speler van Despatch dit wen.

Hy het in 2015 as 18-jarige by Despatch Rolbalklub aangesluit. Voor dit het hy sy pa, Warren Nance, ook ’n lid van dié klub, ge-reeld vergesel na rolbalwedstryde, maar nooit gedink hy sal ooit self speel nie.

“Om eerlik te wees, ek het altyd gedink rolbal is vreeslik vervelig. Regtig, wat kan nou so erg aan dié balrollery wees? Maar ek was verkeerd. Rolbal is nie so eenvoudig as wat dit lyk nie en alles behalwe vervelig. Dit is ’n ongelooflike kompeterende sport en tegnies moeilik,” sê Edwin.

Kort nadat hy aangesluit het, was hy die wenner van die junior klubkampioenskappe en toe deel van die span wat die Jeffreysbaai Sesse (2016) gewen het. Daarna het sy seges die een na die ander ingerol en hy behou sedert 2015 sy titel as junior klubkampioen.

Verlede jaar was hy gekies vir die OP o.30 B-span wat in Bloemfontein aan ’n nasionale kampioenskap deelgeneem het. Vanjaar is hy ingesluit in die OP o.30 A-span.

Eerste Despatcher ooit na OP Meesters

Verlede Saterdag het Edwin aan die Meesters-kampioenskappe deelgeneem. Om uitgenooi te word as een van die top 12 spelers vir die Meesters is die hoogste prestasie in OP-rolbal.

Edwin het weereens geskiedenis gemaak deur die eerste Despatch rolbalspeler te word wat uitgenooi is om aan die Meesters deel te neem. Hy het briljant gevaar en ’n brons-medalje gewen wat beteken hy is onder die top 3 beste rolbalspelers in die Oostelike Provinsie.

President van die Despatch Rolbalklub, ds. Chris van der Westhuizen sê, “Edwin se entoesiasme en prestasies spoor ons ouer spelers opnuut aan om met geesdrif te speel. Ons oefen nou soos nog nooit tevore nie.

“As klub is ons dankbaar vir die groep jonges wat by ons aangesluit het. Dit is ’n inspirasie en beteken baie vir Despatch se rolbal.”

Edwin sê die kuns om ’n goeie rolbalspeler te wees is “om verloor te kan vat en om goeie sportmanskap te wys, of jy wen of verloor.

“Jy moet jou rolbalballe kén, die lyne en gewig in jou hand moet soos tweede natuur vir jou wees.”

Edwin en sy pa het tydens die laaste Statebondspele omtrent die huis se dak gelig soos hulle voor die televisie die Suid-Afrikaanse spanne aangemoedig het.

“Ons het geskreeu soos mense vir rugby skreeu, want ons weet hoe intensief die rolbalspel is.”

En ja, Edwin sê hy hardloop ook agter sy rolbalbal aan ... maar net as hy voel dit gaan ’n goeie skoot wees. So, hy hardloop nogal baie agter sy bal aan!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Now that e-tolls gantries have been switched off, will you be settling your outstanding debt?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No way, they're not getting a cent from me
88% - 1794 votes
Yes, I guess it's the right thing to do
4% - 75 votes
Mmh, I'm watching legal cases and playing it by ear
8% - 173 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.2%
Rand - Pound
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.29
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
952.30
-2.4%
Palladium
1,036.00
+1.3%
Gold
2,371.75
-0.5%
Silver
28.27
+0.6%
Brent Crude
90.02
-0.1%
Top 40
66,899
0.0%
All Share
72,995
-0.0%
Resource 10
63,378
+2.8%
Industrial 25
97,824
-0.5%
Financial 15
15,384
-1.7%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE