Share

Jong vrou sterf ná longoorplanting

VANESSA Neveling (25) van Uitenhage het Saterdagoggend in die Groote Schuur- hospitaal gesterf nadat sy onlangs ’n dubbele longoorplanting ontvang het.

Vanessa het op 16 Augustus, ná meer as 100 dae in die hospitaal en byna drie maande op ’n waglys vir ’n nuwe stel longe, uiteindelik die operasie gehad.

Sy was skaars drie maande oud toe sy met sistiese fibrose (SF) gediagnoseer is. SF is ’n genetiese siekte wat mettertyd tot ernstige asemhalingsprobleme lei.

Peter Neveling, haar pa, het gesê soos sy dogter ouer geword het, het die probleme al meer uitdagend geword.

Vier jaar gelede het dokters ’n longoor-planting aanbeveel.

“Maar sy het nooit tou opgegooi nie,” sê haar pa.

Sy is in Junie vanjaar op die waglys geplaas nadat sy met dokters by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gekonsulteer het.

Ná haar dubbele longoorplanting is Vanessa in ’n geïnduseerde koma geplaas sodat haar nuwe organe kon aanpas, rus en gesond word, sê Neveling.

Maar Vanessa het tien dae later gesterf.

Vanessa was ’n voorstander van orgaanskenking en het tot kort voor haar dood mense aangemoedig om as skenkers te registreer.

“Om vir iemand ’n geskenk van lewe te gee, is die grootste geskenk,” het Vanessa kort voor haar operasie gesê. - NETWERK24

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 492 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE