Share

Liedjie oor Despatch gewild op radio

Dis lekker hier op Despatch ... met rugby, braaivleis, dans, tannies op Facebook en be-kendes soos Danie Gerber en Eleandré wat van dié Oos-Kaapse dorp af kom.

Dit is van die dinge waaroor Lari-Elle Truter (11) sing in haar liedjie getiteld “Hier op Despatch” wat gereeld op Luister!FM gehoor word en wat onder Goue Drome se top 10 musiekranglys is.

Haar ouma, Marie Gair, het die liedjie vir haar geskryf.

“Ek wou iets vir Lari skryf waaroor ek positief voel, want sy is absoluut ’n tonic vir my. Toe dink ek maar skryf oor Despatch, want dit is lekker hier op ons dorp. Ons is trots op wat ons het en Despatch se mense is anders en ons gee om vir ons dorp,” sê Marie.

Lari-Elle wat in graad 5 by Laerskool Frans Conradie is, was van kleintyd af lief vir sing en dans.

“Sy was mal oor die Campbells se liedjie Bietjie Bietjie Lam en het in haar doekedratyd gestaan en dans as die liedjie gespeel het. Partykeer sommer sonder die doek,” sê Marie.

Op 6-jarige ouderdom het sy met Snotkop se Song vir my Dad haar eerste verhoogoptrede gedoen. Deesdae is sy ’n sangstudent by Stiaan Fourie van Musical School of Talent en sy neem kitaarlesse by Tania Gerber by Laerskool Frans Conradie.

“Ek sal graag eendag elektriese kitaar wil speel. Ek hou van Eleandré en Leah se musiek,” sê Lari-Elle.

Sy sê daar is ’n plan om ’n video van die liedjie op Despatch te skiet en dat sy deur die dorp gaan loop en sy wil graag vir Danie Gerber ook in die video hê.

“Ek gaan nie ons geheime oor die video nou vertel nie, julle moet maar kyk, dit gaan awesome wees,” sê Lari-Elle.

Lari-Elle is die oudste dogter van Danny en Larissa Truter van Despatch.

Sy tree Sondag by Open Sky op. Later die jaar gaan sy in die voorprogram vir Riana Nell en Elvis Blue optree met hulle besoeke aan Vintage Bar op Uitenhage.

Lari-Elle nooi haar aanhangers uit om vir die liedjie op Goue Drome te stem en om haar op Facebook te volg.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1022 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1083 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE