Share

‘Lielie Muis’ verloor haar stryd teen immuunsiekte

Leah “Lielie Muis” de Jager van Uitenhage, wat aan ’n ernstige immuniteitsgebrek gely het, is Maandagoggend oorlede.

Lielie Muis, soos haar ouers haar noem, het duisende Suid-Afrikaners se harte aangegryp toe die nuus oor haar siekte bekend geword het.

Gerrit, haar pa, het Maandagoggend vroeg bevestig sy ses maande oue dogter is dood. Hy was te emosioneel om oor haar dood uit te wei, maar sê dat sy nou “veilig in die arms van Jesus is.”

’n Inskrywing op die Facebook-blad Lielie Muis – Leah de Jager lui: “Liewe Jesus het sy mooiste blommetjie kom haal vanoggend.

“Ons harte is bitter seer, maar weet sy is veilig in Jesus se hande. Rus sag, kleine Lielie Muis. Almal gaan jou mis.

“Jy het baie mense aangeraak en los diep spore in ons harte.”

In Desember het Leah haar 80ste dag in die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth deurgebring. Daar was toe al geen mediese vooruitsig op herstel nie.

Gerrit het voorheen gesê hulle was geskok, want sy dogter was eers net siek met longontsteking.

Daarna het De Jager en Lezaan Avis, sy verloofde, gehoor hul dogter het ná twee beroertes breinskade opgedoen. Die ouers het kort nadat Leah in die hospitaal opgeneem is, gehoor sy ly aan ’n gekombineerde immuniteitsgebrek (Scid).

In leketaal beteken dit Leah het bykans geen immuunstelsel gehad nie, wat haar uiters vatbaar gemaak het vir infeksies.

Mense het kort na die nuus oor Leah se dood op haar Facebook-blad aangekondig is hul medelye met haar ouers betuig.

Jessica Smit skryf: “Baie hartseer. Sterkte aan die familie in die tyd.”

“Baie sterkte aan julle. Mag Liewe Jesus die eina beter maak. Dink aan julle,” lui Marelise Hammond se inskrywing.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 461 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 489 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.4%
Rand - Pound
23.82
-0.5%
Rand - Euro
20.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.41
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
921.20
-1.0%
Palladium
1,027.50
+1.2%
Gold
2,328.22
+0.1%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE