Share

Misdaad kry bloedneus in Rosedale

MISDAAD is besig om bloedneus te kry sedert die Rosedale sektor 2 patrolleerders besluit het genoeg is genoeg en mense se veiligheid moet beskerm word.

Dit is veral in die informele woonbuurt Umshini Wami waar dié patroleerders ’n impak maak om misdaadsyfers af te kry.

“Ons het die afgelope tyd goeie ondersteuning gekry en is dankbaar daarvoor. Dit maak ons patroleerwerk net nog meer effektief.

“Veral met skenkings soos tweerigting- radios wat ons by Furnworld gekry het. Nou kan ons dadelik vir ondersteuning roep,” sê Godfrey Matabielie, voorsitter van die Rosedale sektor 2 patroleerders.

Hulle het ook ’n rekenaar ontvang waarop hulle besig is om ’n databasis op te bou wat volledige inligting bevat van misdadigers wat deur die patroleerders aangekeer is. Dit sluit in ’n foto en die tipe misdaad waarvoor hulle aangekeer is.

“Alhoewel ons getal patroleerders min of meer dieselfde bly, begin al meer mense van ons weet en inligting aan ons deurgee. Dit maak ons sterker.”

Patroleerders het tientalle handgemaakte wapens, waarmee mense gedreig en geroof word, by misdadigers in die omgewing afge-neem. Dié wapens is aan die Kamesh polisie oorhandig.

“Ons weet wie om te skud. Die outjies steek die messe in hulle rugsakke weg of dra dit teen hulle lywe. Verlede jaar het ons 14 vuurwapens afgeneem en dit ook aan die polisie oorhandig,” sê Matabielie.

Volgens hom het hulle suksesse bygedra dat nog ’n paar patroleergroepe in die informele woonbuurte gestig word.

“Die skelms begin definitief nou warm kry en ongemaklik raak, hulle weet nie meer watter kant toe nie want ons maak dit vir hulle moeilik. Een ou het skoon vir hom ’n rok aangetrek en na Rocklands gevlug, maar ons het hom daar gaan uithaal en die polisie het hom gearresteer.”

Neil Magielies, ’n lid van die patroleerders, sê hulle werk nou saam met die polisie.

“Daar is wette wat die polisie so bietjie inperk, maar ons wéét hoe en waar die skelms beweeg want ons loop met die voet en ons ore is op die grond. So, dan gaan ons in en maak skoon. Nie net hier nie, maar ook in die dorp en by die klinieke waar oumense geroof word,” sê Magielies.

“Wat ons nog sterkter sal maak is as elke lid van die gemeenskap 100% agter ons staan. Ook as ons meer vroue betrokke kry, want ons het ’n probleem met moeders. Hulle weet hulle seuns is stout, maar is bang en beskerm hulle,” sê Magielies.

Patroleerders verlig hongernood

Dié groep patroleerders sien nie net om na inwoners se veiligheid nie, maar gee ook in samewerking met borge kos aan behoeftiges in hulle gemeenksap. ’n Totaal van 100 mense is onlangs met ’n gekookte maaltyd bederf.

Van die borge wat die Rosedale sektor- patroleerders ondersteun het om die ete voor te sit sluit in Star Cabs, Rosedale taxi-drywers, Raizcorp, ’n hele paar immigrante-winkels, ander plaaslike kleinbesighede in die area sowel as individue soos Winston Roberts en Desmond Whitebooi.

  • Vir meer inligting oor die Rosedale sektor 2 patroleerders bel Godfrey Matabielie by 074 078 1017 or Deon Plaatjies 084 872 1613.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 492 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE