Share

Ná 30 jaar wil Salome steeds ’n verskil maak

“Dankie aan Uitenhage se mense vir julle lojaliteit en dat julle so awesome is. Oor die afgelope 30 jaar het julle my toegelaat om as mens my potensiaal ten volle uit te leef.”

Dit is die woorde van Salome Pieterse wat as jong fisioterapeut haar eerste vyf jaar in die Baai gewerk het voordat sy in Maart 1988 haar tuispraktyk op Uitenhage oopgemaak het. Nou is dit 3 dekades later en Salome kyk terug na geseënde jare waar sy generasie na generasie behandel het en steeds “hartstogtelik lief is vir wat ek doen en vir my mense”.

Rofweg gereken, sê Salome, het sy tussen 35 000 en 40 000 mense oor dié tydperk behandel.

“O genade, in die beginjare toe ek van my huis af gewerk het wou ek gek raak, want dit het vir my gevoel ek het nie ‘n lewe van my eie nie. Toe besluit ek nou is dit tyd om ’n plek in die dorp te kry,” sê Salome.

“Dit was goue jare met uitstekende mediese fondse soos MC, MMP en MCG. Ons het gewerk dat die biesies bewe en op ‘n stadium was ons vyf fisioterapeute in my praktyk. Daar was Barbara, Adel, Kim en Delia en kort daarna het Sanet (Terblanche) wat toe ‘n boetiek gehad het, ook by ons aangesluit. Sy het in 1993 my vennoot geword.”

Salome was die eerste fisioterapeut op Uitenhage wie se praktyk van dou voor dag tot laat oop was.

“Ek love kinders en veral koshuiskinders want ek was self ‘n koshuisbrak. Laat ek jou sê - as jy vir iemand se kind goed is - dan het jy sy hart.”

Sy is ook ‘n groot ondersteuner van skole-sport, veral rugby.

“Soms het die kinders soos voëls op ‘n ry hier gesit. Ons het baie pret gehad. Partykeer het ‘n kind sommer ingespring en ultraklank vir ‘n ander een gegee. Dit was wonderlike jare!”

“Soveel van die seuns wat ek tóé behandel het, is nou al pa’s en bring nou húlle seuns hierheen vir behandeling.”

Oor die jare het Salome se pad met uiteenlopende mense gekruis.

“Elke mens het sy eie manier doen. Dit is wat jou onderskei van ander en wat jou uniek maak. Daarom moet ‘n mens elke dag jou beste gee en ‘n verskil in die lewe maak.”

Sy vertel van ‘n oom Rheeder wat op ‘n dag “verkeerdelik” by haar praktyk opgedaag het, maar ‘n blywende indruk gelaat het.

“Hy’t gesê daar is drie dinge wat ek moet doen: elke dag my praktyk in die naam van die Here begin, én dit doen ons daar by die ketel. Toe het hy gesê as mense sê ‘ joh ... dankie Salome jy het my rug gefix,’ dan moet ek sê nee, dit is die Here, ek is net ‘n instrument in Sy hande. Die derde ding was dat ek my finansies in die hand van die Here moet laat.”

Haar lewensleuse is dat haar praktyk aan die Here behoort en “om daagliks te vernuwe, om te gee, die liefde te leef en om te luister!”

Salome is ‘n mense-mens. Vir haar is haar praktyk geïntigreerd in die gemeenskap en deel van ‘n gevestigde netwerk wat nie bedreig voel teenoor mekaar nie.

“Nou die dag het ‘n tannie se valstande gebreek en sy het gesê ‘Bel net vir Salome se mense hulle sal kan help.’ Dit is mos lekker as mense weet waar hulle kan aanklop vir hulp.

“In al my 30 jare as fisioterapeut op Uitenhage het die Here my geseën met die ongelooflikste personeel. Die beautifulste mense. Dit het begin met my eerste sekretaresse, Lorraine van Aswegen wat ‘n engel reg uit die hemel was. Tot vandag toe voel ek so gebless met almal wat hier saam met my werk.”

Daar was ook tye wat dit rof gegaan het en dit was juis dié negatiewe insidente wat vir Salome bevestig het wat lojaliteit beteken.

“Elke plek het ‘n aura en ek sê vir jou, Uitenhage is ‘n wonderlike plek. As daar een ding is wat hier soos ‘n paal bo water staan, is dit dat mense kan saamstaan vir mekaar.

“Mense vra my wanneer tree ek af, dan sê ek, ek weet ek is besig om fossielstatus te bereik, maar die dag as daar niemand meer hier inkom nie, dán sal ek aftree.”

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 494 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1086 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE