Share

Ou hemde hou hande én honde besig

Ou T-hemde wat bestem is vir die asdrom - het nou ’n nuwe funksie gekry - om hande én honde besig te hou!

Dit is danksy Helpende Hand Uitenhage-tak se Shekinah-werkskeppingsprojek wat geloods is om onder meer troeteldier-speelgoed uit dié ou stukke klere te maak.

“Ons praat regtig van hemde wat reguit op pad asdrom toe is en nie meer in ’n toestand is om deur enige iemand gedra te word nie,” sê Melinda Labuscagne, sameroeper van dié herwinningsprojek.

Volgens haar is die Shekinah-projek begin om mense uit die gemeenskap toe te rus met ervarings en vaardighede sodat hul selfvertroue kan opbou deur persoonlike ontwikkeling.

“So kan hul lewenskwaliteit verbeter en hul kan dit wat hulle geleer word met ander deel en selfs ’n inkomste daaruit verdien,” sê Labuscagne.

Volgens Miempie van Wyk, voorsitter Helpende Hand Uitenhage-tak, “is daar soveel mense wat hulp soek, maar eintlik beskik hulle oor voldoende vermoëns wat net nie ontwikkel is nie.

“Daarom help ons hulle om hul talente te ontwikkel en hoe om met die min wat jy het iets te kan maak wat vir iemand ander iets kan beteken of jy kan selfs ‘n geldjie maak met jou handewerk.”

Gesoek: ou T-hemde

Die ou T-hemde wat omskep word in troeteldierspeelgoed is een van dié projekte. Dit word opgesny en geknoop om speelgoed vir honde en katte te maak.

“Honde en katte speel te lekker met dié goed,” sê Van Wyk.

Die publiek word versoek om alle ou T-hemde, of dit nou vol gate of verf is, aan Shekinah te skenk.

“Dit maak nie saak of daar kolle op is en of dit vol gate is nie, want die materiaal word in repe gevleg en die honde en katte gaan regtig nie daaroor worry nie.”

  • Die ou T-hemde of selfs afvalstukke van T-hemp materiaal kan by Helpende Hand se Ons Winkel in Bubbslaan 10, Uitenhage af- gegee word. Vir meer inligting bel gerus vir Melinda by 073 498 4872.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 472 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1032 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE