REIS na Gister is ’n verhoogproduksie wat deur leerlinge van die Laerskool Innes aangebied word om afskeid te neem van hulle skoolhoof, Leslie Stander, wat Vrydag aftree.
Dié produksie word vanaand om 18:30 in die skoolsaal aangebied. Elke graad kry die kans om met musiek op reis te gaan deur Stander se lewensjare. Die graad R-klas se item gaan oor “Grootword jare”, met die daaropvolgende grade se items wat handel oor “Dit is lekker in die army”, “Partytjietyd”, “Trou-makietie”, “Familie-kaskenades”, “Bly kalm en kom plaas toe”, “Toks en tjops (met ’n kinkel in die kabel)” en “Af-tree-wenke”.
- Kaartjies is R30 per persoon en beskikbaar by die skoolkantoor. Verversings sal tydens ’n pouse te koop aangebied word.