Share

Sangers span saam vir gestremde (13)

ELKE derde uur moet Fayden Plaatjies (13) voeding deur sy maag kry. Om dié proses makliker te maak is ’n voedingsmasjien nodig en om dít aan te skaf word ’n sangaand gehou om fondse in te samel.

Fayden is serebraal-gestremd en die oudste kind van Danwin en Ursula Booysen van Uitenhage. Die egpaar se ander kinders is Sharonique (5) en Isaiah (3).

’n Mediese prosedure is verlede jaar op Fayden gedoen om ’n voedingsbuis in sy maag te plant omdat dit vir hom al hoe moeiliker geword het om te sluk.

“Ons maak beurte om elke drie uur Fayden deur die buis direk in sy maag sy 200 milliliter kos te voer. Maar as ons die voedingsmasjien kan kry sal hy outomaties en op tyd gevoer word,” sê Danwin Booysen, ’n evangelis is by die PPK Uitenhage-kerk in Rosedale.

Volgens Ursula is dit veral in die nag wat die voeding ’n probleem is. Dan stel hulle die alarm sodat een van hulle, of van die familie wat ook help, elke drie uur opstaan om Fayden te voer.

Die voedingsmasjien wat Fayden benodig is ’n Kangaroo ePump en dit kos ongeveer R7 000. Dit moet in Johannesburg by Chart Technology International bestel word.

Volgens Danwin is daar baie serebraal gestremde kinders in die gemeenskap wat hulp nodig het.

“Ons het ’n mammie ontmoet wat daar in die vlak bly. Sonder krag en water in die huis versorg sy haar serebraal gestremde kind.

“Daarom wil ons volgende jaar ’n groot konsert hou om ook die ander mense met serebraal gestremde kinders te help. Voor dan wil ons al dié huishoudings identifiseer waar daar serebraal gestremde kinders is. Dan kan ons presies weet vir wie en hoeveel kinders ons gaan fondse insamel,” sê Danwin.

Sangaand vir Fayden

’n Groep plaaslike sangers sowel as gaskunstenaars uit Kaapstad gaan Sondag, 12 Augustus om 18:00 optree in die United Pentecostal kerksaal in Kersogiestraat.

Kaartjies is R50 per persoon en is beskikbaar by Agape Coffee Shop of by Danwin.

Die sangers wat gaan optree sluit in Universal Voices, Ruben Davids (van Kaapstad), Trinity Dancers, Delivia Sampies, Elsimio Smit, Wessel Williams (trompetspeler), Palace of Praise Band, Gaynor Boligelo, Kayla Frolick en Minister Lon. Fayden se pa, Danwin, gaan ook optree.

  • Vir meer inligting of om die fondsinsameling te ondersteun, bel Danwin Booysen by 061 213 9820 of e-pos danwin@cbwfs.co.za
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 401 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 833 votes
Vote
Rand - Dollar
19.08
+0.4%
Rand - Pound
23.63
+0.8%
Rand - Euro
20.34
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.26
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.50
-0.7%
Palladium
1,025.00
-0.4%
Gold
2,399.61
+0.9%
Silver
28.74
+1.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE