Share

Skool gestig na treinry ‘te veel word’

DESPATCH skoliere se beslommernis met treinry na Uitenhage, het 70 jaar gelede die oorwegende rol gespeel tot die stigting van Hoërskool Despatch.

Colin Bartle, skoolhoof van Hoërskool Despatch sê, “die ontstaan van die skool is te danke aan die meer as 400 leerlinge wat destyds hulle laerskoolloopbane op die dorp voltooi het en toe per trein na Uitenhage moes pendel om na ’n hoërskool te gaan.

“Daar was toe nog geen hoërskool op Despatch nie. Hierdie toedrag van sake was onaanvaarbaar en in 1944 is die departement van onderwys versoek om ‘n sekondêre skool op die dorp te vestig.”

’n Vergadering is in die kerksaal van NG Kerk Bothasrus gehou en die pleidooi was suksesvol waarna Despatch Sekondêre Skool in 1949 op Despatch geopen is.

Dié skool het begin met ’n mnr. Van Graan as skoolhoof, 5 onderwysers en 134 leerders. Daar was 68 standerd 6’e (graad 8); 144 in standerd 7 (graad 9) en 22 leerders in standerd 8 (graad 10).

Volgens Bartle het dié eerste hoërskool bestaan uit 4 klaskamers. Daar was ’n huishoudkundeklas, ’n houtwerkklas, laboratorium en ‘n personeelkamer.

Bekende sportsterre

Verskeie sportsoorte is aangebied: rugby, netbal, tennis, jukskei, krieket, hokkie, stoei, boks en swem is later bygevoeg. Die skool het ook sy eie bofbalspan en orkes gehad.

Dit is ook dié skool waar die legendariese Springbok-rugbyspeler Danie Gerber alias “Doring van Despatch” gematrikuleer het. Die huidige Springbok-rugbyafrigter Rassie Erasmus sowel as die Blou Bulle se afrigter Pote Human, het hulle skoolloopbane by Hoërskool Despatch voltooi.

Die benoeming “sekondêre” skool is in 1950 verander na hoërskool en die getalle het geleidelik toegeneem.

Die skoollied, wapen en leuse is terselfdertyd ook ingestel. In 1951 is die eerste senior sertifikaat eksamen geskryf.

“Ongetwyfeld is die geskiedenis van ons wapen gegrond in Afrikanertradisie, ’n feit wat ons baie trots maak en ons aanspoor om voort te bou op ons verlede. Met geloof, liefde, waarheid en arbeidsaamheid sal ons inderdaad die Vlam Hoog Blaas!

“Op vele gebiede styg die skool uit en doen gestand aan diegene wat geveg het om ‘n skool vir ons dorp te vestig.

“Op akademiese-, sport-, kultuur- en geestelike gebied kyk ons terug met trots op vele indrukwekkende prestasies en kan getuig van oudskoliere wat op vele gebiede hul merk in die samelewing gemaak het,’ sê Bartle wie sedert 2006 as skoolhoof by Hoërskool Despatch aangestel is.

- HEILIE COMBRINCK

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 581 votes
No! It's time to move on ...
34% - 304 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.43
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
932.30
+0.7%
Palladium
994.50
+0.4%
Gold
2,337.69
+0.2%
Silver
27.59
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE