Share

Toilet kry status in Bergsig-produksie

BERGSIG Skool se 60ste bestaansjaar word vanjaar gevier en in die gees van dié mylpaal word die Bergsig Sterre 60 vermaaklikheidskonsert volgende week by die skool aangebied.

Die 120 “sterre” wat gaan deelneem is almal leerders van die skool en hulle is sedert Februarie besig met voorbereiding om hulle kaleidoskoop van dans-, drama- en sangtalente op die verhoog te wys.

Die leerders word afgerig deur Kareen Breytenbach (dans), Luana Bester (drama) met Jonel Knickelbein en Erna Cloete (sang).

In die verhoogstuk word daar tong-in-die-kies gespot met die belangrikheid van ’n toilet en hoe-kom dit die “wonderlikste uitvindsel” is wat mense se lewens verander.

Daar word ook verwys hoe die toilet selfs in politieke kringe ingespan word om guns te wen.

“Oral in die drama is die toilet ’n prominente onderwerp. Toe dit by dekorontwerp kom was dit onvermydelik, daar moet ’n toilet op die verhoog kom,” sê Luana Bester, ’n adjunk-hoof by Bergsig Skool en skrywer van die verhoogstuk.

“Kyk, jy moet nie vir hierdie Bergsig-manne sê hulle moet iets bou nie, dan bou hulle ’n properse ding. Nou staan daar ’n toilet soos die ware Jakob op die verhoog.”

Wat die produksie uitsonderlik maak is die gepaste gerekenariseerde agtergrondtonele wat vir die verskillende items op die verhoog geprojekteer word.

Dave Ackerman van Line Out help Bergsig met dié projeksies terwyl Ettienne Brown van ET Disco se klanktoerusting gebruik word. Dié professionele hulp dra by dat dié Bergsig-produksie van uitstaande gehalte is.

“Dit is ’n geleentheid om te spog met ons leerders. Hulle het so hard gewerk en oefen sedert Februarie om volgende week op te tree,” sê Bester.

Die publiek word uitgenooi om Bergsig Sterre 60 by te woon. Die produksie duur 150 minute en beloof om propvol vermaak te wees.

Daar is drie vertonings in die Bergsig-skoolsaal. Die eerste aanbieding is op 4 September en konsertgangers sit by bespreekte plekke by tafels.

Kaartjies is R100 en sluit ’n ligte ete in. Op Donderdag, 6 September word ’n oggendvertoning vir skole aangebied en die aand kan die publiek kom kyk en kaartjies is R40 elk.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 780 votes
No! It's time to move on ...
33% - 391 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+0.1%
Rand - Pound
23.77
+0.1%
Rand - Euro
20.39
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
926.50
+0.1%
Palladium
986.00
-0.5%
Gold
2,347.68
+0.7%
Silver
27.67
+0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,080
+0.9%
All Share
75,020
+0.9%
Resource 10
62,965
+1.4%
Industrial 25
103,671
+1.1%
Financial 15
15,843
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE