Share

U’hage skrywer se stories in keurbundel

’n SKRYWER van Uitenhage, Nico Schamrel, is een van 20 Croyez skryfkompetisie-wenners wie se kortverhale in ’n keurbundel opgeneem is.

Dié literêre toekenning het Schamrel te beurt geval vir sy kortverhaal By Mooirivier se Brug wat nou in die keurbundel ’n Sussie vir Simoné verskyn. Dit word deur Croyez vrygestel en is in boekwinkels beskikbaar.

“Die verhaal handel oor twee jong plaas-seuns, Basie en Boitjie, wat mekaar beloof om elke dag op die brug te ontmoet,” het Schamrel gesê.

“Die brug is die naelstring wat die mooiste vriendskap voed, maar wat gebeur wanneer die brug wegspoel?”

Daar is slegs 20 kortverhale uit honderde inskrywings goedgekeur vir die keurbundel. Van sy kortverhale verskyn ook in die keurbundels Vlerke en Ses Dae.

Schamrel is ’n stigterslid van die bekende PENdit.za skrywersblad op Facebook. Die medestigters is Ronel Dunn en Bets Koen en hulle het die blad gestig ter bevordering van die Afrikaanse verhaalkuns. Die blad bied geleenthede vir talentvolle en ook beginskrywers om hul werk te publiseer en deel te neem aan verskeie uitdagings.

PENdit.za verskaf proefleesdienste en bied ‘n slypskool aan wat deur Dunn en Koen gefasiliteer word.

Volgens Zalman Davies, voorsitter van die Croyez Literêre-toekenning, streef hul daarna om opkomende skrywers die geleentheid te bied om hulle werk gepubli-seer te kry.

Die keurbundel ’n Sussie vir Simoné kan bestel word deur ‘n e-pos te rig aan croyezlitaward@classicmail.co.za. Die PENdit.za keurbundel Vlerke en Ses Dae kan bestel word by info@pendit.co.za.

“Deur ons skrywers te ondersteun, ondersteun jy Afrikaans. Niemand kan jou taal van jou weg-neem nie.

“Dit is jou erfenis,” het Schamrel gesê.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 826 votes
No! It's time to move on ...
33% - 409 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.8%
Rand - Pound
23.61
+0.8%
Rand - Euro
20.24
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.6%
Rand - Yen
0.12
+1.6%
Platinum
924.50
-0.1%
Palladium
976.00
-1.5%
Gold
2,348.22
+0.7%
Silver
27.61
+0.6%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,134
+1.0%
All Share
75,063
+1.0%
Resource 10
62,636
+0.8%
Industrial 25
103,736
+1.2%
Financial 15
15,942
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE