Share

Uitstalling van kuns en dekor om te bekoor

TWEE dominees, ’n orrelis-bakker en ’n bemarker ... wat het hulle in gemeen? Kuns.

Dié viertal met ’n liefde vir kuns en dekor, ds Christo Stumke, ds. Adelle Strauss, Eugene Barnard en Nadia Barnard gaan eerskomende Saterdag ’n Kuns & Dekor uitstalling aanbied van 09:00 tot 14:00 in die NGK Rietief-kerksaal op Despatch.

NGK Retief-gemeente is vanjaar 60 jaar oud en dié uitstalling is deel van die kerk se verjaardag-vieringe.

Eugene, ’n lid van dié gemeente, is ’n orrelis in die De Mist-kerk sowel as ’n sanger en ’n bakker. Sy verloofde Nadia Barnard, ook ’n lid van Retief-gemeente, is ’n bemarker en die twee is beide ywerige skilders. Dit is dié ge-deelte belangstelling wat hulle gemotiveer het om ’n uitstalling te hou met kuns en dekor-items.

Nog ’n kunstenaar van Despatch, dominee Adelle Strauss, wat met ’n eiesoortige drukkuns op kussings en materiaal begin het, is deel van die uitstalling. Om nog meer flambojansie aan die die uitstalling te verleen, gaan die ywerige kunsversamelaar, ds. Stümke, verskeie kuns-werke van bekende kunstenaars uitstal.

Daar sal kaartfasiliteite wees sowel as ’n gesellige kuier-hoek waar koffie, tee en ’n verskeidenheid koek te koop aangebied word deur die kerk se Sondagskool.

- HEILIE COMBRINCK

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 882 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE