Share

Unieke padwedloop-medalje vir atlete

DIE tweede van ’n reeks unieke padwedloop- medaljes wat Despatch se geskiedenis uitbeeld word vanjaar by die gewilde plat en vinnige 10km padwedloop op dié dorp uitgegee.

Verlede jaar se padwedloop-medalje was ’n mini baksteen waarop die dorp se historiese skoorsteen uitgebeeld is. Dié klein kunswerk is eksklusief vir Despatch Atletiekklub gemaak deur Chere Schaup, ’n kunsstudent by Nelson Mandela Universiteit.

Vanjaar gaan atlete ’n replika van die bekende Despatch Patent stene kry wat ook deur Schaup gemaak is.

“Ons gee elke jaar ‘n ander medalje wat ’n stukkie geskiedenis van Despatch uitbeeld. Eers was dit ’n klein steentjie met ons steenoond se skoorsteen en nou ’n replika van die stene wat in dié oond gebak is,” sê Yvette Jonker van die Despatch Atletiekklub.

Despatch se oorsprong én naam is te danke aan die florerende baksteenbedryf in die laat 1800s. Die area aan rivierkant van die dorp is bekend vir sy kleigrond wat ideaal was vir bakstene van hoë kwaliteit.

Steengroef-masjinerie is uit Engeland ingevoer en in sy tyd was die Despatch Patent steengroef een van die mees gevorderde steengroewe in Suid-Afrika. Dit was ook die enigste baksteengroef in die gebied en daarom is baie van die ouer geboue in Nelson Mandelabaai met Despatch Patent stene gebou.

Die dorp se naam is afgelei van die Engelse woord “despatch” wat verwys na die stene wat vanaf ’n stasie langs dié baksteengroef na Port Elizabeth versend is. Uit volksmond is daar met tyd na die stasie as Despatch verwys. Soos die stasie dorp geword het, het dié naam gebly.

  • Die 10km Despatch Padwedloop word op 1 September aangebied en daar is ook ’n 5km pretloop. Beide items begin en eindig by die Despatch SUPERSPAR met die 10km wat om 07:00 begin en die 5km om 07:15. Inskrywings is by Despatch SUPERSPAR beskikbaar. Vir meer inligting bel Helgard Potgieter 084 606 5601.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 885 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE