Share

Vanessa (25) kry eindelik 2 gesonde longe

Ná meer as 100 dae in die hospitaal en twee en ’n half maande op ’n waglys het ’n jong vrou van Uitenhage ’n dubbele longoorplanting gehad.

“En nou is dit net die wag – wat baie lank voel – dit kan maklik ’n week, selfs twee weke neem, voor sy haar oë weer oopmaak,” sê Peter Neveling, Vanessa (25) se pa, nadat sy verlede Donderdag ’n dubbele longoorplanting in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ondergaan het.

Vanessa was skaars drie maande oud toe sy met sistiese fibrose (SF) gediagnoseer is. Dié genetiese siekte veroorsaak asemhalingsprobleme wat mettertyd ernstiger raak.

Neveling sê soos Vanessa ouer geword het, het haar asemhalingsprobleme baie meer uitdagend geword.

Hy sê met die begin van Vanessa se hoërskoolloopbaan het sake ernstig geraak. “Sy was daardie tyd elke ses maande vir ’n lang tydperk aaneen in die hospitaal.”

Die afgelope paar jaar was sy grootliks afhanklik van haar suurstoftenk en bykans elke maand in die hospitaal.

Dokters het vier jaar gelede aanbeveel dat Vanessa ’n longoorplanting moet kry, maar die gebrek aan ’n mediese fonds het sake bemoeilik en sy moes eers aansoek doen om op ’n waglys te kom.

Maar Vanessa het nooit tou opgegooi nie, sê haar pa.

’n Vriendin het aan Vanessa vertel van ’n dubbele longoorplanting wat in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gedoen is, sê Neveling.

Vanessa het kontak gemaak met die dokter by dié hospitaal en haar situasie verduidelik.

In Junie is sy op ’n waglys vir longe geplaas.

“Woensdagnag (15 Augustus) het hulle laat weet daar is moontlik longe beskikbaar. Sy was teen die tyd al 105 dae lank in die hospitaal. Alles het gepas, selfs die grootte van die borskas was perfek vir die longe,” sê Neveling.

Teen verlede Donderdagmiddag is die longe in Kaapstad afgelewer nadat dit uit Johannesburg gestuur is.

Daardie selfde middag het Vanessa die operasie ondergaan.

Neveling sê hoewel dit lyk of die operasie ’n sukses was, word Vanessa se nuwe longe tans met ’n masjien aangehelp.

“Sy is op die oomblik in ’n soort koma, eers wanneer sy wakker raak, sal die masjiene (wat haar longe aanhelp) moontlik nie meer nodig wees nie.

“Ons sal maar moet wag en sien tot sy haar oë oopmaak.”

Neveling sê hy is baie dankbaar teenoor die persoon wat ’n orgaanskenker was en vir sy dogter ’n nuwe kans met die dubbele longoorplanting gebied het.

Vanessa het voor haar operasie ’n inskrywing op Facebook gemaak waarin sy mense aanmoedig om as orgaanskenkers te regis-treer.

“Daar is eenvoudig nie genoeg orgaan- skenkers nie.

“Een skenker kan agt lewens red, selfs al halveer hulle die lewer. Tot en met 50 mense kan gehelp word, as jy kyk na die vel, kornea, been, hartkleppe en senings.

“Om vir iemand ’n geskenk van lewe te gee, is die grootste geskenk. Die skenkers se familie kan ook dan berusting en afsluiting kry.

“Vir die ontvanger is die impak enorm, hulle kan ’n lewe met volle funksionering leef,” lui die inskrywing.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 150 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 224 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.52
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.40
+0.4%
Palladium
998.40
-0.3%
Gold
2,211.77
+0.8%
Silver
24.64
-0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,114
+0.6%
All Share
74,310
+0.5%
Resource 10
56,946
+2.3%
Industrial 25
103,653
+0.4%
Financial 15
16,467
-0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE