Share

Verkragtings en gesinsgeweld woed voort

DIE wrede verkragting en moord op Mo- nique Barendse, ’n 4-jarige meisie van Reservoir Hills, het 16 jaar gelede skokgolwe deur die hele Despatch gemeenskap gestuur. Tot vandag toe, is niemand in verband met haar verkragting en moord aangekeer nie.

“Wie weet, hy loop dalk nog hier in ons gemeenskap rond?” sê Elma Saalman, stigters-lid van Monique Haven, ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie om verkragting-slagoffers sowel as slagoffers van geweld by te staan.

“Die onheilighede gaan aan en word net erger. Daar is meer en meer mense wat vir kwaadgeld rondhang en dwelms doen.

“Daarby is die wet nie regtig aan die verkragtingslagoffers se kant nie, strawwe is te lig en howe hanteer soms dié slagoffers asof hulle die oortreders is,” sê Saalman.

Monique se ma kon haar eerste en enigste kind se moord nie verwerk nie en het haar drie jaar later dood getreur.

“Ons kon dit nie net so laat nie. Die wreedheid teenoor so ’n kleine ou meisietjie laat jou hare rys.

“Ons het eers elke jaar ’n optog gehou vir Monique, maar dit het ou wonde oopgekrap. Toe besluit ons om eerder ’n plek te begin waar ons mense wat hulp nodig het, dag of nag ... regdeur die jaar, kan kom aanklop,” sê Saalman.

Sy het saam met nog ’n vrou uit die gemeenskap, Linda Baartman en die destydse skoolhoof van Despatch Primêr, Danny Jacobs, Monique Haven in 2013 begin. Deesdae het Monique Haven ses opgeleide veldwerkers wat saam met die departement van sosiale welsyn werk.

“Mense kom met enige probleem na ons toe, selfs as hulle ’n waterlek by hulle huise het!

“Ons kan mos nie sê ‘nee ons werk net met verkragtings nie’, as iemand hulp nodig het, moet ons help.”

Statistiek van Monique Haven oor die afgelope twee jaar wys dat hulle 4 400 sosiale euwel voorvalle hanteer het waarvan 3 600 huishoudelike geweld was.

16 Dae van aktiviste is te min

Danny Jacobs sê dit is jammer dat die gemeenskap waarbinne Monique Haven diens doen, nie gewillig is om die instansie te ondersteun nie.

“Maar wanneer daar ’n probleem is verwag hulle ons moet dadelik help!

“Dit is juis wanneer ’n gemeenskap saamstaan dat jy sosiale euwels effektief kan aan-spreek. Al kry ons nie die nodige ondersteuning nie, sal ons voortgaan om te help waar ons kan,” sê Jacobs.

Hy meen dat die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders geen effek het nie.

“Mense wat aan dié veldtog gehoor gee is gewoonlik wetsgehoorsame burgers. Dié wat hulle skuldig maak aan geweld voel niks vir bewusmakingsveldtogte nie.

“Persoonlik dink ek in elk geval 16 dae het geen impak. Dit is ’n ingesteldheid wat 365 dae van die jaar aandag moet geniet,” sê Jacobs.

Monique Haven is betrokke by algemene welsynstake in die gemeenskap van Reservoir Hills soos bystand met welsyntoelaes, tuisversorging, bystand aan TB-lyers en die verkryging van geboortesertifikate en ID-boekies.

  • Vir meer inligting oor Monique Haven bel Elma Saalman by 074 331 8823 of Danny Jacobs by 084 246 1281
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 540 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 563 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.1%
Rand - Pound
23.78
+0.0%
Rand - Euro
20.44
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
925.70
+0.6%
Palladium
1,036.00
+1.0%
Gold
2,327.99
+0.3%
Silver
27.45
+0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE