Share

Vinnige feite: Addo olifante verskuiwing na Darlingtondam

Addo-olifant Nasionale Park het verlede week oor 3 dae 28 olifante vanuit die hoofgedeelte van die Addo park verskuif na die Darlingtondam-gedeelte van die park. Hier is ’n paar vinnige feite oor die verskuiwing:

. Dinsdag (31 Julie) is 13 olifante per trok vanaf Addo oor die Olifantkoppas na Darlingtondam vervoer. Afstand: 130km.

. Die totale gewig van die 13 olifante was sowat 30 ton.

. Woensdag (1 Augustus) is 9 olifante verskuif en Donderdag (2 Augustus) 6 olifante.

. Olifante is vanuit ’n helikopter met verdoofpyle geskiet. Sodra die verdowing ’n olifant laat inmekaar sak was grondspanne dadelik by. Die olifante word dan op hulle sye gedraai en hulle oë word toegemaak. Daarna is hulle versigtig met ’n hyskraan op ’n platbed gelaai en dan met ’n voerband getrek tot binne ’n staalkrat op die swaarvragmotor waarmee hulle na Darlingtondam gedeelte van die park vervoer is.

. ’n Volwasse Addo-olifant weeg tussen 3.5 en 7 ton.

. Olifante se gemiddelde leeftyd is 55-60 jaar en koeie leef langer as bulle.

. ’n Olifantkoei is vir 22 maande dragtig en ’n kalfie weeg gemiddeld 110kg by geboorte.

. Addo hoofkamp is 180 000 hektaar groot en Darlingtondam-gedeelte van die Addo-park is 45 000 hektaar.

. Addo-olifantpark is in 1931 geproklameer as ’n park waar slegs 11 oorblywende olifante beskerm is. Vandag is daar meer as 600 olifante in die park - die grootste populasie Afrika-olifante (Loxodonta Africana) in die wêreld.

. Addo-olifantpark Nasionale Park is die 3de grootste en mees diverse (bioomstreke) park in Suid-Afrika.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1102 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1182 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
+0.1%
Rand - Pound
23.97
-0.1%
Rand - Euro
20.57
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
912.90
+0.1%
Palladium
1,004.00
-0.1%
Gold
2,318.11
+0.1%
Silver
27.17
+0.0%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,574
0.0%
All Share
74,514
0.0%
Resource 10
60,444
0.0%
Industrial 25
104,013
0.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE