Share

Vinnige vroue jaag om ander te help

VICTORY Raceway se vinnige vroue van die Pinkrods-afdeling het hul resies-oorpakke eenkant geskuif vir deftige aandrokke om hul jaarlikse prysuitdeling by te woon.

Uitenhager Leoné Liebenberg wat vanjaar vir die eerste keer in dié afdeling begin deelneem het, was die ontvanger van al die pryse. Sy het trofeë ontvang as Pinkrod Klubkampioen, Belowendste Drywer, Beste Voorbereide Kar en die Dankie vir Ondersteuning-trofee.

Die Pinkrod-afdeling is slegs vir vroue en ’n afdeling wat vir liefda-digheid jaag.

Vanjaar het hulle fondse ingesamel vir kinders met kanker. Elke wedren waaraan hulle deur die jaar deelgeneem het se fondse het aan ’n kind gegaan. Die meeste wat per wedren ingesamel is, was R13 000.

“Op die baan jaag ons mekaar want daar gaan dit oor wen. Maar van die baan af, is ons mekaar se beste vriende,” sê Leoné Liebenberg, Victory Raceway se Pinkrod Klubkampioen vir 2018.

“Dit is ’n gevaarlike maar lekker tydverdryf, maar ons ry vir ’n doel en dit is om ’n verskil aan iemand se lewe te maak. En ons doen dit! Deur ander te help het die vriendskapsband tussen ons Pinkrods al sterkter geword.”

Leoné sê sy sien uit na die 2019 seisoen en glo dat hulle dan nog meer kinders sowel as mense in nood kan help.

“Dankie aan almal wat ons ondersteun en so help om ’n verskil te maak aan iemand wat dit nodig het,” het Leoné gesê.

Hulle eerste wedren vir 2019 is op 19 Januarie by Victory Raceway en dit is die Curt Alchin Memorial wedren.

  • Vir meer inligting oor die Pinkrods bel Vicky Gillmer by 041 991 0309.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 107 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 226 votes
Vote
Rand - Dollar
19.25
-0.5%
Rand - Pound
23.92
-0.4%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
949.90
-0.1%
Palladium
1,024.00
-0.5%
Gold
2,382.01
+0.1%
Silver
28.31
+0.3%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
0.0%
All Share
73,271
0.0%
Resource 10
63,297
0.0%
Industrial 25
98,419
0.0%
Financial 15
15,480
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE