Share

Vlugbal: taai kompetisie verwag in Burgemeesters-trofee wedstryde

DIE eerste vlugbal-wedstryde in vanjaar se Nelson Mandelabaai Burgemeesters-kompetisie (Mayoral Cup) word eerskomende na-week in die Uitenhage Binnehuise-sportsentrum gespeel.

Plaaslike vlugbalklubs wat aan dié kompetisie gaan deelneem sluit in Flames, Despatch, Volkswagen sowel as ’n span van Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.

Volgens Andrew Prins van die Nelson Mandelabaai vlugbalunie, is Volkswagen een van die gunste-linge met die voormalige Suid-Afrikaanse en huidige Oostelike Provinsie speler, Peter Size, in hulle geledere.

“Hulle kan egter sterk teenstand verwag van PE College. Hulle is die verdedigende kampioene van 2017, aangesien dié kompetisie nie verlede jaar aangebied is nie,” sê Prins.

“Die kompetisie behoort groot belangstelling onder plaaslike ondersteuners te geniet.

“Die Nelson Mandelabaai vlugbalunie bedank graag Nelson Mandelabaai-munisipaliteit vir die kompetisie. Dit gaan ’n groot rol speel om vlugbal weer een van die gewilde sportsoorte te maak wat dit eens was. Dit is ook ’n uitstekende sport om ons jeug konstruktief besig te hou,” sê Prins.

Die plaaslike spanne se afrigters is as volg: Nelson Mandelabaai munisipaliteit - Lister van Wyk; Flames - Peter Arnolds en Michael Smith; Volkswagen - Sparrow Maarman (ook afrigter van SA o.19 span) en Despatch - Mnr. Manyuka.

Vlugbal-wedstryde van die Burgemeesterstrofee begin Saterdag en Sondag in die Uitenhage Binnehuise-sportsentrum om 09:00. Wedstryde word ook op 26 & 27 Januarie en 2 & 3 Februarie daar gespeel. Die finales is op 9 & 10 Februarie in die Rosedale-sportsaal.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 240 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 351 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
-0.4%
Rand - Pound
23.97
-0.3%
Rand - Euro
20.52
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
900.15
+0.4%
Palladium
1,000.00
-0.2%
Gold
2,213.87
+0.9%
Silver
24.75
+0.4%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,237
+0.8%
All Share
74,414
+0.7%
Resource 10
57,122
+2.6%
Industrial 25
103,714
+0.4%
Financial 15
16,494
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE