VLV Despatch hou volgende Donderdagaand ’n kunste-aand met sop en sjerrie waartydens twee plaaslike kunstenaars se werke uitgestal sal word.
Die gasspreker van die aand is die bekroonde skrywer, skilder en dominee, ds. Jan Vermeulen.
Vermeulen het meer skrywerspryse gewen as die hoe-veelheid boeke wat hy geskryf het. Van dié pryse sluit in Sanlampryse, MER-prys, Scheepersprys, Lapa-prys en ATKV-kinderboektoekenning.
Skilderkuns van Paul Kloppers sal uitgestal word. Paul, ’n beeldhouer en skilder, is deur die ATKV vereer vir sy bydrae tot die kunste. Hy het agt jaar spandeer aan sy opleiding as beeldhouer en skilder en beoefen steeds sy kuns op 74-jarige ouderdom.
Die kunste-aand word op Donderdag, 23 Mei om 18:30 in NGK Despatch Eendrag-kerksaal gehou.
Kaartjies is R20 per persoon en moet voor 19 Mei bespreek word.
- Vir meer inligting bel Monique by 083 320 2885 of Adrie 076 090 5976.