Share

Hartseer-einde aan vlindervlug

Die wit vlinders wat deesdae so oënskynlik vrolik deur ons stede dartel, is eintlik op ’n selfmoordsending.

Prof. Erik Holm, ’n insekkenner, sê hul epiese trektog is eintlik ’n “fossieletrekbeweging”. Dis ’n instink wat uit ’n era van tienduisende jare gelede steeds by hulle vassteek.

Hulle volg die instink, al loop dit op hul dood uit.

Holm sê die vlinders, bekend as grasveldwitjies (Belenois aurota aurota), broei in massas uit op witgatbome in die Karoo en die Noord-Kaap.

Dit lei tot ’n oorbevolking in daardie streke en groot klompe van dié vlinders trek dan instinktief noord-noordooswaarts in die rigting van Somalië, waar daar ook witgatbome voorkom.

Tienduisende jare gelede, toe dit baie droër was, sou dié trek gewerk het, maar deesdae word die trekkende vlinders net prooi vir voëls, spinnekoppe, geitjies en dies meer.

Die noodlottige trek vind elke jaar teen Kersfees of Nuwejaar plaas.

Die interessante ding is dat daar ses maande later ’n soortgelyke noodlottige trek uit Somalië in die rigting van Suid-Afrika plaasvind.


Kliek op die grafiek vir 'n groter weergawe








We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 388 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 538 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE