Die Stormers roem hulle op hul skrumwerk en daarom is Joseph Dweba ’n uiters waardevolle speler.
“Joseph is waarskynlik een van die beste skrumhakers in die land, dalk selfs die wêreld,” sê Rito Hlungwani, die Stormers se voorspelerafrigter.
“Hy kry nie baie krediet daarvoor nie, maar dis iets wat hy baie ernstig opneem en effektief mee is. Jy kan die stutte vra, hulle geniet dit baie om saam met hom te skrum.