Paarl Post
Share

Oud-afrigter wil skorsing omkeer

accreditation
0:00
play article
Subscribers can listen to this article
Foto ter illustrasie.Foto: Argief
Foto ter illustrasie.Foto: Argief

’n Voormalige Springbok-rugbyafrigter van die Paarl en GOOD-parlementslid gaan teen sy skorsing uit dié party appelleer nadat die party sy lidmaatskap verwyder het en hom as lid van die Wes-Kaapse wetgewer geskors het, berig Netwerk24.

Hierdie skorsing volg nadat die party op 31 Januarie ’n klagte van seksuele wangedrag teen die persoon ontvang het, en die persoon tydens ’n interne verhoor skuldig bevind is, volgens ’n GOOD-persverklaring wat op 25 Mei uitgereik is.

Die verdagte het ook op 22 Maart die eerste keer in die Malmesbury-landdroshof verskyn en word deur twee aanklagte – poging tot seksuele aanranding sowel as ’n aanklag van crimen injuria – in die gesig gestaar, het Eric Ntabazalila, ’n woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), op ’n vorige geleentheid aan die Paarl Post gesê.

Die beskuldigde is ná sy inhegtenisneming op borgtog van R800 vrygelaat en moet op 15 Mei weer in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Die verdagte was ’n GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit nadat hy in 2021 by GOOD aangesluit het, en was ook die voormalige afrigter van die nasionale Dowes-rugbyspan en woon tans in die Paarl.

Die vrou wat die klagte aangemeld het, is ook ’n lid van die GOOD-party.

Sy beweer die beskuldigde het haar probeer soen en het haar op haar bed neergegooi.

Haar man was ten tyde van die beweerde voorval nie teenwoordig nie aangesien hy oorsee was vir werk.

Terwyl sy teen hom baklei het, het sy ook ligte beserings, soos kneusplekke teen haar regterboud en laerug, asook krapmerke opgedoen.

Die beskuldigde se naam word op regsadvies ingevolge die Strafproseswet weerhou, omdat hy nog nie gepleit het nie.

Die Paarl Post het uitgereik na GOOD vir kommentaar, waar Janke Tolmay, die party se media bestuurder, bevestig het dat die party ’n appèlaansoek ontvang het.

Die koerant het ook uitgereik na die geskorste GOOD-politikus, maar het ook geen terugvoer ontvang nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Which national coalition government would you prefer?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
ANC + DA
86% - 2884 votes
ANC + MKP
3% - 85 votes
ANC + EFF
3% - 115 votes
ANC + 6-7 small parties
8% - 258 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
-0.3%
Rand - Pound
23.95
-0.3%
Rand - Euro
20.41
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.50
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
1,039.35
+0.6%
Palladium
911.02
-2.8%
Gold
2,325.53
-0.7%
Silver
30.31
-2.6%
Brent Crude
81.86
-2.1%
Top 40
70,455
-0.7%
All Share
76,704
-0.6%
Resource 10
61,314
-0.9%
Industrial 25
106,760
-1.0%
Financial 15
16,479
-0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE