Standard & Breederivier Gazette
Share

Tienjarige meisie in huisbrand oorlede

accreditation
0:00
play article
Subscribers can listen to this article
Chesnique Jordaan is Sondag in ’n brand dood. Foto:
Chesnique Jordaan is Sondag in ’n brand dood. Foto:

’n Tienjarige meisie is Sondag in ’n brand in Roodewal oorlede.

Volgens AO Vathiswa Jacobs, ’n woordvoerder vir die Worcester-polisie, het die brand omstreeks 23:30 by die woning in Danielsstraat uitgebreek.

“Die huisgesin het aan die slaap geraak terwyl ’n kers gebrand het. Hulle het later weens die vlamme wakker geword. Die man en vrou het uitgehardloop en besef hul 10-jarige is nog binne. Die man het terug in die huis gehardloop, maar die vlamme was reeds te erg om ver te kom. Hy het met onderskeie brandwonde weer uitgehardloop,” verduidelik Jacobs.

Die meisie, Chesnique Jordaan, was ’n leerder by Esselenpark Primêre Skool.

“Esselenpark Primêr is vandag in smart gedompel deurdat ons ons pragtige maatjie, Chesnique Jordaan, aan die dood afgestaan het. Hiermee vra ons u om haar oupa, mamma en twee oorlewende sussies asook haar familie in u gebede op te dra,” het die skool Maandagoggend op sy Facebook-blad geskryf.

Volgens haar klasonderwyser en baie van dié wat op die Facebook-plasing kommentaar gelewer het, was Chesnique ’n liefdevolle meisie.

“Sy was ’n plesier om in die klas te hê. Sy was aangenaam en het altyd gehelp waar sy kon. Sy het niemand gepla nie. As sy gelag het, het haar ogies so klein geraak. Sy het ook baie vriende gehad. Die maatjies in haar klas het die nuus van haar sterfte baie erg gevat. Maandae hou ons gewoonlik byeenkoms, maar ek het toe die klas se meisietjies terug klas toe geneem en daar het ons almal ons herinneringe van Chesnique gedeel. Dit was baie mooi. Almal het iets mooi oor haar te sê gehad,” het haar klasonderwyser, Jané Carolus, met Standard & Gazette gedeel.

Die skool beplan om ’n gedenkdiens vir Chesnique te hou. Alle besonderhede kan op die skool se Facebook-blad gekry word.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What are your thoughts after President Cyril Ramaphosa signed the party funding bill into law?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Let the opposition parties take it to court
31% - 393 votes
Of course CR wants party funding under wraps
46% - 586 votes
Parly needs to vote on donation thresholds ASAP
5% - 59 votes
What about the other unsigned bills on his desk?
19% - 248 votes
Vote
Rand - Dollar
18.50
+0.4%
Rand - Pound
23.14
+0.3%
Rand - Euro
19.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.5%
Platinum
982.51
+0.6%
Palladium
968.50
+1.3%
Gold
2,330.01
+0.9%
Silver
28.11
+2.9%
Brent-ruolie
83.58
+0.5%
Top 40
71,340
+0.6%
All Share
77,539
+0.5%
Resource 10
61,846
+1.6%
Industrial 25
108,187
+0.5%
Financial 15
16,744
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE