Share

21 Mei 2011: Einde van die wêreld?

Op 21 Mei 2011, glo mnr. Billy Hopley van Klerksdorp, gaan sowat 200 miljoen mense skielik weggeraap word.

Die res van die wêreldbevolking “gaan agtergelaat word om vyf maande van hel en chaos hier op aarde te verduur”.

“Die meeste van dié 7 miljard sal waarskynlik sterf op 21 Mei, wanneer ’n massiewe wêreldwye aardbewing sal plaasvind wat die grafte sal oopgooi.”

Sommige mense sal dink Hopley se gedagtes is eiesoortig, maar hulle sal verkeerd wees, want ’n snelgroeiende aantal Suid-Afrikaners glo saam met hom vas die wêreld gaan op 21 Mei 2011 eindig.

Hoewel niemand weet presies hoeveel van dié mense daar is nie, kom hulle landwyd onder alle ras- en taalgroepe voor, versprei hulle stil-stil derduisende pamflette en boekies in hul tuisdorpe en raak hulle vinnig meer.

En saans ná 18:00 skakel hulle hul radio’s op 1197kHz AM om na Family Radio te luister, landwye radio-uitsendings wat die 21 Mei 2011-boodskap versprei.

Dit het byna 20 jaar gelede begin, vertel mnr. Johan Coetzee, ’n Nelspruiter en een van die mees uitgesproke predikers van die 21 Mei 2011-idee in Suid-Afrika. Toe het Family Radio, warvan die basis in die VSA is en wat die apokaliptiese prediker Harold Camping se leerstellings versprei, begin om vanaf ’n sender in Lesotho uitsendings Suid-Afrika in te stuur. Die afgelope dekade saai hulle op AM uit.
Coetzee het eers in 2003 begin luister, die idees aanvanklik eienaardig gevind, maar mettertyd besef dit is heel oortuigend.

Eers het hy gedink hy is alleen, totdat hy uitgevind het daar is duisende mense oor die land heen wat almal op Family Radio inskakel en sy idees deel.

Family Radio het geen amptelike kerk of strukture in die land nie; mense vind informeel daarvan uit en versprei die idees sonder veel ophef in hul omgewing.

“Die idee van 2011 is besig om soos varkmasels oral uit te slaan,” sê Coetzee.

Hy en geesgenote het al ’n paar honderdduisend pamflette in verskillende landstale gedruk en versprei. Tydens verlede jaar se Aardklop-kunstefees was hulle byvoorbeeld in Potchefstroom. Tydens die somervakansie is nog ’n paar duisend pamflette in Hermanus versprei.

Sedert Coetzee op vrywillige grondslag as Family Radio se verteenwoordiger in Suid-Afrika begin werk het, sit hy met bokse vol briewe van mense wat die radio-uitsendings hoor en hulle by dié gedagte skaar.

Een van dié, mnr. Michael Tshabalala, is ’n taxibestuurder van Fourways. “Baie mense hou nie van ons boodskap nie, maar as ek dit aan hulle verduidelik, begin hulle ook glo.”

Mnr. Edmund Buys vertel hy het al in 2000 in Atlantis aan die Weskus na Family Radio begin luister en eers gedink hy is die enigste. Weldra het hy nog ’n luisteraar in Bloubergstrand ontmoet. “Ons praat toe onmiddellik dieselfde taal.”

En Coetzee vertel hulle gee nie om dat mense dink hulle is vreemd nie. “Hoe meer die spotters lag, hoe meer aandag kry ons. Só word mense nader getrek en uiteindelik sluit hulle ook by ons aan.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 163 votes
No! It's time to move on ...
35% - 89 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+1.2%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.4%
Platinum
915.30
+0.3%
Palladium
1,007.00
+0.2%
Gold
2,325.37
+0.4%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,522
-0.1%
All Share
74,477
-0.1%
Resource 10
61,580
+1.9%
Industrial 25
103,058
-0.9%
Financial 15
15,856
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE