Share

Bybel het ander wêreld beskryf

Vir baie jare is die belydenis dat die Bybel gelyk is aan die woord van God aanvaar.

Daar is aanvaar dat elke opdrag, wet, riglyn, gebod en woord uit God se mond self is. Daar is geglo, bely en aanvaar dat God deur sy Gees die Bybel skrywers gelei en geïnspireer het om dit te skryf. Daar is  geglo en aanvaar dat hierdie opdragte vir tyd en ewigheid geld.

Omdat dit van God af kom moes mense  gehoorsaam wees aan God se stem/opdragte.

Bybel skrywers was mense. Die Bybel het geen goddelike gesag of aanspraak op 'n mens se lewe nie. Jy verleen gesag daaraan en jy gee 'n bepaalde status en waarde daaraan want jy laat toe dat die Bybel 'n bepaalde rol in jou lewe speel en om oor jou te regeer. Jy laat toe dat 'n bepaalde invloed op jou denke en manier van leef uit ge-oefen word. Die bundel self kan dit nie doen nie. God self is nie in die bundel aan die woord nie.

Mense byt langtand daaraan as jy vir hulle sê dat wat in die Bybel staan 'n getuienis is van hoe mense lank gelede oor God gedink het.

Hoe hulle gedink het God is, hoe God dink en hoe God voel. Die gebooie is eenvoudig deur mense uitgedink en geformuleer.

Omdat die gebooie so bruikbaar en so universeel toepaslik is het dit mettertyd kanonieke waarde gekry. Mense het begin sê dat dit God se wet is. Moses het byvoorbeeld nie die tien gebooie by God se boodskapper op die berg Sinaï gekry nie. Daar is meer mitologiese verhale en legendes rondom Moses verweef as wat daar historiese feite oor hom is.

Eksodus is 'n herhaling van Summeriese wette wat eeue ouer is as die verhaal oor die uittog. Die Jode het dus die wet by een van die ander Ou Nabye Oosterse volke geleen en dit in die verhaal in gewerk asof Moses dit op Sina? van God se boodskapper sou ontvang het. Toe die Ou Testament eeue later kanonieke status gekry het, en weer eeue later deel van die Christelike Bybel geword het, is aanvaar dat dit van God af kom en daarom moet dit  universeel oor tyd en grense geldig wees.

Die verhaal van Moses, wat die wet op ? berg van God se boodskapper ontvang het, is dekor vir 'n mitologiese drama. Die antieke gode het op berge gebly. Daarom slaan die psalmdigter ook sy oë op na die berge toe. Daarom het Jesus ook 'n bergrede waarin hy die wet aan sy volgelinge verduidelik.

Die gebod waaroor die vraag gaan was die vyfde gebod wat beveel “Eer jou vader en jou moeder sodat jy 'n lang lewe kan hê in die land wat die Here jou God vir jou gee”

Daar is niks fout met die gebod nie. Soos wat jy vir alle ander lewe respek moet hê moet jy dit ook vir jou ouers hê. Waarom is die gebod juis so geformuleer. In die Joodse tyd het hulle nie geglo aan 'n lewe na die dood of aan 'n salige voortbestaan in 'n hemel na jou aardse lewe nie. Al wat hulle geken het was die lewe hier en nou.

'n Mens is deur God geseënd beskou as jy 'n lang lewe en 'n groot nageslag gehad het. Albei dié elemente kom in die gebod voor. Die Jode het maniere gesoek om hulle lewe te verleng. ‘n Teken dat hulle hierdie seën van God af ontvang het. Een van die maniere waarop hulle besluit het was om te sê dat jy jou vader en moeder moet eer.

Die ander rede is dat daar nie finansiele voorsiening vir aftrede in daardie tyd gemaak is nie. Ouers se voorsiening was in hulle nageslag. As hulle oud en swak sou word moes hulle kinders na hulle omsien.

Hierdie gebod reguleer die antieke pensioenfonds. Eer jou vader en jou moeder. Hulle moet deel van jou lewe bly en jy moet hulle versorg. Dan sal jy die seën van die Here ontvang en sal jy ook 'n lang lewe hê. Kinders is in die antieke tyd gesien as besittings van hulle ouers. Dogters kon soos beeste aan reisigers en verbygangers verkoop word.

Die meeste dogters het hulle ouers nooit weer gesien nie. Hierdie gebod is  pertinent op seuns bedoel. Hulle moes hul ouers eer in die sin van versorg tot met hulle dood. Die beloning is om self eendag die vreugde van 'n lang lewe te smaak.

Ons samelewing lyk baie anders. Daar is ander energie wat in ons verhoudings en lewens 'n rol speel. Eksodus reguleer nie meer ons aftrede voordele nie. Dogters word nie meer verkoop nie. Kinders is gelyk voor die reg en kinders het die status van mense en nie besittings nie.

Respek moet verdien word. ‘n Mens kan nie op eer aanspraak maak as jy nie eer verdien nie. Verhoudings lyk anders. Gesinne lyk anders.
Die samestelling van gesinne lyk anders. Dit verander ook meer dikwels met egskeidings en hersamestelling van nuwe verhoudings.

Daarom is dit onregverdig en feitlik onmoontlik om 'n wet oor 'n 2000 jaar gaping te laat spring en om vandag in 'n totaal nuwe situasie goddelike status daaraan te gee om dit vir tyd en ewigheid te laat geld.

Ons godsbegrip en spiritualiteit lyk ook anders. Ons idee van lewe, van dood, van ouers en kinders lyk anders. Ons ken ouers wat nooit ouers moes gewees het nie. Ons ken kinders wat dwaas sal wees om in verhouding met sulke ouers te bly. Ons kan nie 'n reël afkondig en laat geld ongeag die omstandighede nie. In ons wêreld bepaal die omstandighede nogal grootliks wat reg is en wat nie.

Vir ons is God nie 'n koning wat op 'n troon in die hemel sit, wette maak, en mense se name in 'n swart boekie opskryf as hulle nie by daardie wette bly nie. Vir ons werk daardie konsep nie meer nie.

Vir ons is daar ander sienings wat belangrik is. Ons leef in 'n ander verhaal. Ons idee oor God is ook totaal en al anders. Bybelse wette kan nie voorskryf of laat regeer omdat dit in die Bybel staan nie. Ons het die reg om dit krities te bevraagteken. Om dit af te skryf. Of om waarhede daaruit te neem en dit steeds in ons lewens te gebruik.

Dit is nie God se wette en daarom vir ewig bindend nie. Dis gebooie deur mense geformuleer vir hulle tyd en omstandighede volgens hulle lewensbeskouing, behoeftes, hulle prentjie van God en gerig op hulle verstaan en instandhouding van die werklikheid.

Ons lewe en wêreld lyk anders. Vanuit ons verstaan van die goddelike probeer ons om ons samelewing sinvol in te rig. Volgens ons verstaan van spiritualiteit probeer ons Liefde wees. Daar is nie wette van buite wat ons lewe regeer nie maar 'n wet van binne wat die

Liefde laat leef.

Mense sal oor die punt moet kom waar hulle dink dat wat in die Bybel staan van God af kom en ewig geldig is. Eerder wette wat mense formuleer om sekere sake in die samelewing mee te orden volgens die lewens en wêreldbeskouing van die mense vir wie dit geformuleer word.

Niks meer of niks minder nie.

As omstandighede oor 'n paar jaar anders lyk word die wet gewysig, aangepas of geskraap.


 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
What is a non-negotiable when considering the election manifestos from various parties?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
A solid plan for load shedding
15% - 442 votes
Bold climate change objectives
1% - 30 votes
Roadmap for economic recovery
51% - 1522 votes
Solutions to SA's crime crisis
33% - 976 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.2%
Rand - Euro
20.50
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.5%
Platinum
895.30
-0.2%
Palladium
991.47
-1.0%
Gold
2,194.13
-0.0%
Silver
24.44
-0.8%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
67,910
+0.3%
All Share
74,134
+0.3%
Resource 10
56,271
+1.1%
Industrial 25
103,558
+0.3%
Financial 15
16,498
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE