Share

Kerk maak Afrikaners ruggraatloos

Die Afrikaner leef in ‘n land met een van die hoogste syfers vir ernstige misdaad en die regering diskrimineer teen ons met die rassistiese BEE-beleid.

Kom ons kyk hoe die NG Kerk baie Afrikaners so rugraatloos maak dat hulle net passief kan sit en kyk hoe sleg dit gaan.

Tydens ‘n onlangse braai was die onderwerp van die gesprek  “Wat sou jy doen as hier nou ‘n bende gewapende rowers instap, almal se selfone afvat, die vrouens begin verkrag en die waardevolle items begin steel?”.

Daar was ‘n groot aantal mense wat self-erkende groot Christine van NG Kerk Moreletapark is. Slegs ‘n paar is gelowiges, maar nie die soort wat gereeld kerk toe gaan, loop en dweep of ander mense probeer oortuig hoe groot sondaars hulle is. Een persoon is ‘n ateïs.

Met dit as agtergrond, hiermee die uitslag:

Twee uit die 12 mense sal met die eerste geleentheid wat 'n rower se aandag afgetrek is, bv. ‘n steakmes gryp, die rower aanval en probeer om sy wapen af te vat. Een van hierdie persone is die ateïs.

Een dame sal ongeag die feit dat sy geskiet kan word ‘n rower net bestorm en hom aanval.

Die res is die “Groot Christine” en raai wat hulle gaan doen ... hulle gaan begin bid!

Nou vra ek jou met hande in die hare, wat is die NG Kerk besig om aan die Afrikaner te doen? Moet ons vermoor, verkrag en onderdruk word terwyl die “Groot Christine” khumbaja sing en vir die land bid?

Ons braai was geen uitsondering gewees nie. Gaan soek gerus tussen die kommentaar op artikels op hierdie webblad asook Facebook-groepe wat gaan oor geweld en ander probleme in SA. Die tipiese trant is “Al wat ons hoef te doen is op ons knieë gaan en bid. Ons God is magtiger as die vyand en sal ons red”.

Die boodskap van die Bybel kan op verskeie maniere aan mense oorgedra word en dit is tyd dat die NG Kerk begin kyk of hulle interpretasie die selfvernietiging of voortuitgang van die Afrikaner beteken.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 283 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 592 votes
Vote
Rand - Dollar
19.20
-0.2%
Rand - Pound
23.88
-0.2%
Rand - Euro
20.46
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
941.90
-0.9%
Palladium
1,008.00
-2.1%
Gold
2,382.13
+0.1%
Silver
28.27
+0.2%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,679
-0.8%
All Share
72,723
-0.8%
Resource 10
62,993
-0.5%
Industrial 25
97,491
-0.9%
Financial 15
15,389
-0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE