Share

Kerke, besef julle vorm lidmate se denke

Neels Jackson skryf in Beeld van 26 Mei dat die kerk nie “ ’n struktuur of ’n denominasie is nie, maar ’n gemeenskap van gelowiges”.

Dit wat hierdie gelowiges glo, is die kern en die rede vir die kerk se ontstaan en voortbestaan. Kerke beskerm en bevorder sekere geloofsoortuigings en bevestig mense se standpunte en posisies.

Latynse en Griekse kerkvaders het die Christelike geloofsbelydenisse en leerstellings geformuleer. Sinodes is vandag nog rigtingwysers vir die hantering en oplossing van eietydse probleme en kwessies.

Suid-Afrika en die kerk is van 1994 oorspoel met drie eeue se ontwikkeling in denke oor geloof en godsdiens wat in Europa plaasgevind het. Dit is noodsaaklik om die kerk te kritiseer en te bevraagteken.

Nie almal is tevrede met maklike antwoorde op ernstige lewensvrae nie. Elke nuwe generasie probeer die onverklaarbare verklaar. Ons mag vrae vra, al veroorsaak dit ongemak.

Kerke vervul ’n sosiale funksie. Mense ervaar troos en veiligheid en voel hulle hoort daar. Kerke het dus ’n geweldige impak op die samelewing. Dit kan ’n samelewing positief beïnvloed deur ’n boodskap van liefde oor te dra en ’n lewenstyl van liefde teenoor mekaar te bevorder.

Ons sien egter daagliks hoe geloofsoortuigings vernietigend kan wees. Kerke veroordeel byvoorbeeld dikwels nie onverdraagsaamheid en nie-aanvaarding van homoseksuele persone skerp genoeg nie en moedig dit selfs aan.

Daarom moet kerke daagliks bewus wees en bewus gemaak word van die belangrike rol wat hulle speel in die vorming van lidmate se denke.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
37% - 23 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
63% - 39 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.90
-0.3%
Rand - Euro
20.47
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
-0.1%
Rand - Yen
0.12
-0.7%
Platinum
950.60
+0.0%
Palladium
1,030.50
+0.1%
Gold
2,388.57
+0.4%
Silver
28.32
+0.3%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,479
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE