Share

Miljoene rande uit helsdreigemente?

Isak Burger (Rapport, 6 Februarie) is vol pyne omdat Rapport briewe plaas en kommentaar op sy webwerf toelaat wat “Christelike sieninge” op ’n wyse kritiseer wat hy as “blatante en skreiende laster en belediging” bestempel. Hy wonder of dit net Christene is wat met “sulke disrespek behandel word”.

Dit is ’n bietjie dik vir ’n daalder vir Burger om oor kritiek en aanvalle op “Christene” te kla as hy homself liederlik hieraan skuldig maak. In sy boek Die eerste 5 minute na die dood: Wat gebeur as ’n mens sterf? (vierde uitgawe, derde druk, bl.97) waarsku hy mense wat dele van die Bybel weglaat (en soms byvoeg) dat hulle hul op “gevaarlike terrein” begeef.

Ek haal aan: “Hier dink ek in ons dae veral aan die sogenaamde ‘Nuwe Hervormers’, wat op grond van hul eie ‘wetenskaplike navorsing’ tot die verwaande besluitreg gekom het om groot dele van die Skrif as onbetroubaar en onwaar te bevind. Dit is ’n lewensgevaarlike praktyk. Sommige gaan dit te laat agterkom,” skryf hy.

Dit is darem ’n verskriklike aanval op mense wat hulself as Christene beskou, maar nie Burger se militante fundamentalisme deel van ’n aaklige dood in die hel of duiwels wat uitgedryf moet word nie.

Persoonlik deel ek ook nie die Nuwe Hervormers se sienings nie – weliswaar vanuit ’n ander oogpunt – maar ek het eerlikwaar nog nooit gesien dat hierdie mense ander met die “hel” of iets ergers dreig nie.

Ek gaan nie, soos Burger, Rapport probeer intimideer om meer mense soos hy se ekstreme Taliban-agtige beskouinge te publiseer nie. Ek dink egter dit is tyd dat ondersoek ingestel word na hoeveel miljoene die man al gemaak het uit bedrieglike bewerings dat hy weet wat anderkant die dood aangaan – soos die titel van sy boek te kenne gee. My raaiskoot is dat dit ver verby R10miljoen trek, en dat hy nog verkope soek.

’n Ondersoek sal waarskynlik die leuens en verdraaiings wat hy kwytraak oor beweerde “godloënaars” soos Darwin, Thomas Paine, Voltaire en andere groot name ook ’n bietjie aan die kaak stel.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 203 votes
No! It's time to move on ...
37% - 118 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
+1.0%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.39
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.41
+0.6%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
914.20
+0.2%
Palladium
1,006.00
+0.1%
Gold
2,327.26
+0.5%
Silver
27.37
+0.8%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,408
-0.2%
All Share
74,361
-0.2%
Resource 10
61,578
+1.9%
Industrial 25
102,917
-1.1%
Financial 15
15,809
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE