News24

'Moord op Moslem-man dra stank van Islamofobie'

2012-08-09 14:18 Johannesburg – Die premier van die Noordwes-provinsie, Thandi Modise, het die moord op 'n Moslem-man in Magaliesburg skerp veroordeel.

"Daar is geen plek in ons uiteenlopende gemeenskap vir mense wat rassisme in hul harte koester nie, het sy Donderdag in 'n verklaring gesê.

Modise het 'n beroep op die polisie gedoen om te vereker dat die wat verantwoordelik is vir die dood van Muhammad Fayaaz Kazi (27) in hegtenis geneem word.

Die aanval was rassisties én Islamofobies, het sy gesê en inwoners gevra om die polisie met hulle ondersoek te help.

Die oudminis­ter van intelligensie Ronnie Kasrils het Woensdag gesê die "barbaarse" aanval op Kazi en 'n ander Moslem-man "dra die stank van Islamofobie".

Kazi van Ventersdorp was saam met Anser Mahmood, ‘n vriend van sy pa, toe hy Maandag by ‘n Chicken Licken-kitskosrestaurant in Magaliesburg aangeval is.

“Twee wit mense... hulle het hom [Osama] bin Laden in Afrikaans genoem as gevolg van sy baard... en toe het hulle ons k*****s genoem, het Mahmood luidens

Sapa vertel.

“Fayaaz; hy het Afrikaans verstaan en met hulle gestry.”

Die vier mans is uit die winkel gegooi en die bakleiery het buite voortgegaan.

“Ek het hulle gevra hoekom hulle hom pla en hy het my geslaan,” het Mahmood (33) gesê.

“Ek weet nie waarmee hy my geslaan het nie. Ek was bewusteloos.”

Mahmood is meestal in sy gesig geslaan. Kazi is oor die kop geslaan.

“Niemand help ons nie,” hy het gesê.

Kazi is van die een hospitaal na die ander geneem voordat hy in ‘n mediese fasiliteit in Potchefstroom weens breinskade gesterf het.

Sy begrafnis is Dinsdag gehou.

Volg

Nuus24 op Twitter.