Share

Dorp opgeveil!


Owendale
Weggesteek teen 'n koppie tussen peperbome staan die ou myndorpie Owendale, wat Vrydag opgeveil is. 'n Bod van R1,7 miljoen is gedoen, maar die eienaar het net sy neus opgetrek daarvoor.

Mnr. Pieter du Toit, eienaar, kry steeds aanbiedinge van oral en selfs Orania se bestuur het glo al laat weet hulle stel belang om nog 'n Afrikaner- dorpie te koop.

Du Toit (63), die afgelope agt jaar Owendale se eienaar, sê hy sal sy dorpie vir meer as R3 miljoen laat gaan.

Hy verhuis binnekort om gesondheidsredes na die Oos-Kaap. Du Toit het Owendale, wat tussen Postmasburg en Daniëlskuil geleë is, destyds gekoop om 'n nedersetting vir 'n godsdienskultus te begin.

Hy en sy vrou, Mientjie, is lidmate van die Gemeente van die Verbondsvolk.

Mense in dié kerk het glo toe gedroom van 'n eie dorpie waar hulle in afsondering kan woon. Te min werkgeleenthede het die droom van 'n eie godsdiens dorpie gekelder.

Die meeste van die sowat 23 gesinne wat nog tot verlede jaar in Owendale gewoon het, het weggetrek. Tans word net 12 van die 38 huise bewoon deur mense wat op kontrak by nabygeleë diamantmyne werk.

Mev. Van der Westhuizen vertel die dorpie is nie verder ontwikkel nie omdat die Gemeente van die Verbondsvolk nie verenig kon word nie.

Aanhangers van dié geloof het Sondae in die saal bymekaargekom en na opgeneemde preke geluister. Hul predikant van Kuruman kon net af en toe 'n draai maak omdat hy landwyd na al die gemeentes reis.

'n Hek by die ingang van die dorp beheer toegang en word snags toegesluit.

'n Paar bokke en swartwildebeeste wei in 'n kamp langs die dorp.

Owendal het vyf teerstrate met na me soos Peperboom- en Vaalboslaan. Op pad na die Du Toits se huis is 'n ontspanningsaal, tennisbane en 'n swembad. Maar als lyk nou spookagtig verlate vergeleke met 'n kwarteeu gelede toe Owendale 'n bedrywige myndorp was.

Daar was toe selfs 'n algemene handelaar en vulstasie. Alle asbesmynbedrywighede is in 1993 gestaak.

Du Toit se plaas van 795 ha, wat aan Owendale grens, is ook opgeveil. Maar ook dié bod van R550 000 wou Du Toit nie aanvaar nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 456 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 977 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE