Share

Jay se ‘laspos’ wys foto’s, boodskappe

Die sanger Jay sê ’n “teisterende laspos” maak hom en sy gesin se lewe hel.

Maar ’n klomp foto’s en boodskappe tussen Jay en me. Mart-Marie van der Merwe skets ’n ander prentjie.

Rapport het verlede Sondag berig Jay (Jaco du Plessis) is glo só deur Van der Merwe geteister dat hy ’n prokureursbrief aan haar gestuur het.

Sy is ’n finansiële klerk van Pretoria en dogter van die akteur Johan van der Merwe.

Van der Merwe sê sy en Jay het die afgelope ses maande ’n vuurwarm flirtasie in die vorm van e-pos- en SMS-korrespondensie gehad.

Sy sê Jay het in sy skrywes die indruk gewek hulle het ’n toekoms saam.

In die jongste uitgawe van Huisgenoot noem Jay, voormalige Eden-sanger, Van der Merwe (30) ’n psigopaat. “Hoe kan hy dít sê? Het hy ’n sielkunde-agtergrond?” vra sy.

Sy ontken dat sy hom teister en sê hulle het mekaar ’n rukkie lank gesien voordat die sanger met die ontkleedanseres Mia du Plessis getrou het.

Dié egpaar het twee kinders, een saam en een uit Mia se vorige verhouding.

Van der Merwe sê: “Ons het seks gehad voordat hy getroud is, maar het kontak verloor. Ses maande gelede het ons weer begin chat. Hy en Mia het huweliksprobleme gehad en ek het hom bygestaan.”

Van der Merwe sê hoewel sy swanger is by haar ekskêrel, het Jay die kind as sy eie aanvaar.

“Ek mis jou en wens ons is al saam. Baie liefde aan jou en klein Jay-Marie (die naam wat hulle aan haar ongebore baba gegee het),” lui een van die briewe.

SMS’e wat Van der Merwe aan Rapport gewys het, toon hoe Jay uitpraat van sy vrou, Mia.

Jay beweer Van der Merwe het die briewe aan haarself geskryf.

Hieroor sê sy: “Hoe kan ek oor etlike maande aanmekaar e-posse aan myself stuur?

“Hy jok. Ek’t gedog hy is lief vir my.”

Sy sê hy het skielik opgehou boodskappe stuur en vermoed dis nadat Mia op hul korrespondensie afgekom het. Toe kom die prokureursbrief waarin sy gemaan word om nie nader as 100 m aan die egpaar te kom nie.

Mnr. Johan Dekker, ’n onderwyser van Kempton Park en ’n vriend van Van der Merwe, sê hy was teenwoordig toe sy met Jay gekuier het.

“Daar was beslis vurige boodskappe tussen die twee.”

Jay se bestuurder, mnr. Corné Oosthuizen, sê Van der Merwe het e-posse geskep. “Ons het kenners gekontrakteer om die oorsprong van die e-pos-adres te bepaal en waar die adres gebruik word.”

Hy het Rapport gedreig met regstappe as “enige onwaarhede” oor Jay gepubliseer word.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 538 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 769 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.3%
Rand - Pound
23.82
+0.4%
Rand - Euro
20.37
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE