Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê sterk wind word Vrydag in die suidoostelike dele van die Noord-Kaap, die suidwestelike dele van die Vrystaat en die noordelike binneland van die Oos-Kaap verwag.
’n Waarskuwing is ook uitgereik oor skadelike seedeinings wat navigasie ter see tussen Saldanhabaai en Kaap Agulhas kan belemmer.
Wegholveldbrande kan moontlik in die Sentraal-Karoo, die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, die suidwestelike dele van die Vrystaat en die noordelike binneland van die Oos-Kaap voorkom.