“Ek het regtig nie die vaagste benul waarvan jy praat nie.”
So sê Nolwandle Mantashe, eggenoot van Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, oor bewerings dat sy ’n rol gespeel het in pogings om mynregte oor te dra na ’n maatskappy waarin ’n familielid van haar glo belange het.
Die hofstryd oor die beoogde oordrag van die regte om mangaan en ystererts te ontgin op gedeeltes van die plase Kareepan en Pensfontein – sowat 6 km noord van Postmasburg in die Noord-Kaap – sleep al jare lank voort.