Moenie Afrikaanse skole tot vyand verklaar nie, pleit AfriForum en Solidariteit en sy skoleondersteuningsentrum (SOS) by pres. Cyril Ramaphosa.
In ’n brief Maandag aan Ramaphosa betwis dié organisasies die grondwetlikheid van die pas ondertekende Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela).
Hulle voer aan dat dit die “fyn ewewig versteur van die model van vennootskap” wat in vorige uitsprake rakende skoolbeleid deur die konstitusionele hof uiteengesit is.