Hoewel die Verenigde Nasies se Monusco-sending in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) tot ’n einde kom, sal Suid-Afrika se weermaglede steeds daar wees.
Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, het Sondag op ’n mediakonferensie in Centurion oor die jongste ontwikkelinge in haar departement gesê Suid-Afrika hoop op blywende vrede in die DRK.
Met Monusco wat stelselmatig onttrek, sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die DRK (SAMIDRC) die leemte vul.