Oudpres. Jacob Zuma het afgesien van sy planne om vir sy tugverhoor op te daag nadat die nasionale dissiplinêre komitee (NDK) van die ANC in ’n skrywe aan hom dit duidelik gemaak het dat dit uitgestel is.
In ’n brief van die NDK word Zuma ingelig dat sy tugverhoor, wat aanvanklik Dinsdag – eers in lewende lywe en toe virtueel – sou geskied, weens kommer oor veiligheid tot ná die algemene verkiesing van 29 Mei uitgestel is.
“ ’n Nuwe datum vir die tugverhoor sal gereël word,” lui die kennisgewing wat Maandag aan die lig gekom het.