Deel

Stiek yt en begin solank vier aan Afrikaans se komvandaan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dra by tot die geskiedenis van Afrikaans deur die amptelike taal te vier.
Dra by tot die geskiedenis van Afrikaans deur die amptelike taal te vier.

Op 8 Mei 1925 is Afrikaans as amptelike taal erken, en ’n eeufees is iets wat gevier moet word! Hierdie jaar op Woensdag 8 Mei het die opbou na 8 Mei 2025 begin, wanneer die 100ste jaar amptelik en behoorlik by die Taalmonument in die Paarl gevier gaan word.

“Standaardafrikaans is die variëteit van Afrikaans wat deur die Afrikaanssprekende taalgemeenskap as normatief vir taalgebruik in bepaalde situasies beskou word. Dit kom in die gesproke vorm voor in veral die klaskamer, die lesinglokaal, die kerk en die geregshof, in openbare toesprake, ensovoorts, en in die skriftelike vorm in veral handboeke, godsdienstige en wetenskaplike geskrifte, wette, nuusberigte, verslae, memoranda, ensovoorts.”

Dit aldus die Taalkommissie in 2019.

Afrikaans se takke loop egter verder as dit. Reëls is daar, ja, maar dis ’n taal met plek vir almal en die reëls is gemaak om te buig, of hoe?

“My Afrikaans issie klank vannie Kaapse Vlakte – liewendag en vol weestand, soesie mense self. Is ’n taal van vertel, van opstaan, van resist, van krag gie. ’n Taal wattie stories van ôsse communities echo, ennie lag van ôsse kinnes vashou. Is ’n taal wat, ongeag sy geskiedenis ennie pogings om dit te marginalize, bly groei en thrive. Deur Afrikaans kan ek stem gie annie stories wat dalk andersins verlore sou gaan, die verliede met die hede verbind, en ’n toekoms skep waa elke deeltjie van ôsse wese erken en gevier wôd.”

Só skryf die dramaturg, skrywer en joernalis Chase Rhys wat vroeër vanjaar by die Columbia-universiteit in New York vir ses weke nie net meesterklasse in skryf bygewoon het nie, maar ook klas gegee het en vir studente meer geleer het van Kaaps, die taal waarin hy skryf.

Jou mô en pô het dalk ’n strôndhuis, soos die Pretorianers sê, of dalk bry jy soos ’n Swartlander. Praat jy van hom se goed, klink sewe soos seuwe en sê jy geonthou soos die Namakwalanders?

Weet jy wat beteken poenankies, ytstiek en awê?

Afrikaans is ’n huis met baie kamers. Volgens afrikaans.com is daar 12 erkende variëteite:

  • Karoo-Afrikaans
  • Kaapse Afrikaans
  • Griekwa-Afrikaans
  • Namakwalandse Afrikaans
  • Boesmanlandse Afrikaans
  • Voortrekker-Afrikaans
  • Afrikaans
  • Oos-Kaapse Afrikaans
  • Vrystaatse Afrikaans
  • Standaardafrikaans
  • Overbergse Afrikaans

Afrikaans se wortels lê dalk in Nederland, maar daar is soveel takke aan dié boom.

Dit is ’n taal wat steeds groei. Elke jaar word daar nuwe woorde geskep – woorde soos beurtkrag, grendeltyd en lugbraaier. In 2022 was die wenner van WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) se nuutskeppingkompetisie die woord “kuljoene” – groot bedrae geld wat weens korrupsie, bedrog of swendelary verdwyn.

In 2021 is daar ook verskeie nuwe woorde tot die WAT gevoeg, onder meer aaptwak, chakalaka, doef-doef-musiek, hommeltuig en komvandaan.

Elkeen van dié woorde se wortels lê in Afrikaans, maar die oorsprong kom uit verskillende variëteite. Elkeen van die woorde word ook wyd gebruik, maak nie saak watter Afrikaans jy praat nie. Dit is net nog ’n teken van die veerkragtigheid van hierdie taal wat ons Afrikaans noem.


GEBORG

Afrikaans100

Afrikaans100

Op 8 Mei 2025 word ’n groot mylpaal behaal wanneer die mooiste taal haar eeufees vier. Ja, Afrikaans as amptelike taal is volgende jaar ’n honderd jaar oud en álmal is genooi.

Afrikaans is reeds baie ouer as ’n eeu, maar op 8 Mei 1925 het Afrikaans, naas Engels, een van Suid-Afrika se twee amptelike tale geword. Dit gaan ’n inklusiewe feesjaar wees wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid gaan bied om deel te word van die fees. Indien jy as individu, instansie of besigheid betrokke wil raak, besoek die webtuiste en ondersteun die veldtog deur die aanlyn vorm te voltooi. Of stuur e-pos na info@afrikaans100.org.

Naledi

Naledi

Naledi se boeke doen hul eie praatwerk. Daar is reeds baie skrywers en ander wat baie gelukkig is om deel van die Naledi-familie te wees. Naledi is ook bly dat hulle is. Vir meer inligting, besoek gerus hul webtuiste.

VivA

VivA

VivA is ’n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste. Dit beteken dat hulle by VivA aan ’n tegnologiese taalwêreld vir Afrikaans bou, sodat Afrikaans in alle vorme en variëteite toeganklik kan wees en sal aanhou voortbestaan vir toekomstige generasies.

Hierdie digitale taalwêreld omvat die volgende afdelings: onderwys, akademie, taalpraktyk, tegnologie, VivA-uitgewers, algemeen en weldoeners. By VivA staan hulle weekliks verstom oor die kreatiewe maniere waarop Afrikaans gebruik en uitgebou word. Kom sluit aan by hul tegnologietaalfamilie waar jy gebruik kan maak van meer as 200 taalonderrighulpmiddels, woordeboeke en woordelyste, apps en leesstof wat hulle gratis beskikbaar stel. Saam bou ons aan Afrikaans se toekoms en Afrikaans se volgende 100 jaar.

AfriForum

AfriForum1

Afrikaans – ons moedertaal, bidtaal, droomtaal, dinktaal, doentaal, lieflingstaal . . .

AfriForum herdenk, met dank teenoor almal wat Afrikaans deur die jare help bou het, ons moedertaal se eerste eeu as amptelike taal. Mag daar nog vele wees!

Die Afri- in AfriForum staan ook vir Afrikaans. Daarom beywer hulle hulself vir die beskerming en bevordering van taalregte, moedertaalonderrig, kunste, entrepreneurskap, beveiliging, diasporakontak, navorsing en kultuurhistoriese bewaring – alles in Afrikaans.

AfriForum is ’n jongeling van net 18 jaar wat daarna uitsien om deur die dekades ouer te word saam met dié taal wat ’n kernrede vir ons bestaan is.

Die Dameskring

Dameskring

Vanjaar se jaarlikse biddag vir gesinne vind plaas op Sondag 12 Mei. Die Christengemeenskap word aangemoedig om op hierdie dag saam te bid vir kerngesonde gesinne.

Die vaslegging van waardes onder alle kleuters is noodsaaklik en werksessies hieroor word landwyd aangebied. Die Dameskring het ’n handleiding saamgestel om deur middel van praktiese aktiwiteite en stories waardes te vestig.

Die volgende #DK-Regstreeks vind plaas op Woensdag 15 Mei. Dr. Elsa du Toit, ’n perinatale psigiater, sal oor emosionele en geesteswelstand gesels.

Vir meer inligting oor al bogenoemde besoek die webtuiste of skakel Die Dameskringkantoor by 012 301 1761.

*Op die foto is die uitvoerende bestuur van Die Dameskring.

Kaapse Forum

Kaapse forum

’n Eeu van veerkragtigheid en kulturele identiteit is in Afrikaans se woorde verweef. Hierdie lewendige taal, gebore uit die diverse tapyt van tale en kulture, dra die eggo’s van Nederlandse wortels en menige invloede.

Die ritme dans oor die landskappe, ’n getuienis van die gees van ’n nasie. Elke lettergreep hou verhale van stryd, triomf en ’n onwrikbare vasberadenheid om te floreer. Terwyl ons 100 jaar vier, laat Afrikaans ’n verenigende krag wees, om skeidslyne te oorbrug en eenheid deur die krag van taal te inspireer. Omarm dié ryke erfenis en laat dit vir geslagte lank nog voortbestaan.

Vir meer inligting oor die Kaapse Forum, besoek hul webtuiste.

ATKV

ATKV

Elke dag praat, bid, sing, stry en dans mense in Afrikaans. Afrikaans is gesond en nêrens anders sien ’n mens dit só leef as by die ATKV se vele nasionale projekte en die ATKV-takke se gemeenskapsprojekte nie.

Die ATKV werk daagliks om Afrikaans te bevorder en ons mooi taal terselfdertyd relevant en toeganklik vir alle Suid-Afrikaners te hou. Die digitalisering van projekte het dit vir die ATKV moontlik gemaak om Afrikaans se voetspoor selfs internasionaal te laat uitkring.

Amper ’n eeu se ervaring het ons geleer Afrikaans groei deur in mense se toekoms te belê en deur Suid-Afrikaners aan mekaar bekend te stel. Daarom is jóú plek aan die ATKV se tafel altyd gedek, ongeag van hoe die taal op jou tong sit.

AON

AON

Die AON (Afrikaanse Onderwysnetwerk) is ’n lae-profiel, vennootskapgedrewe organisasie wat ten doel het om gehalte-onderwys in Afrikaans volhoubaar in ’n pyplyn te bevorder.

Hierdie pyplyn strek van voorskoolse tot tersiêre opleidingsvlak en wil leerlinge ter wille van die instandhouding en groei van Afrikaans en die versterking van moedertaalonderrig lei. Dit is ’n sambreelliggaam wat sonder oorvleueling ten nouste met bestaande organisasies in die onderwys saamwerk.

Die AON beywer hom om ’n netwerk te vestig wat bekwame en toeganklike ondersteuning aan skole, onderwysers en onderwysinstellings bied.

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente

Eksekuteurs vir Boedels en Testamente speel ’n belangrike rol om te verseker dat jou geliefdes ’n voorsprong het wanneer dit kom by die hantering van jou nalatenskap.

Hulle lewer ’n spesialisdiens met produkte wat aan al jou unieke behoeftes en uitdagings tydens die opstel van jou testament en die administrasie van jou boedel sal voldoen.

Hulle beskerm jou en jou geliefdes se belange, wat ’n las kan verlig vir jou geliefdes tydens ’n emosioneel uitdagende tyd.

Kry sekerheid oor jou boedelbeplanning en nalatenskap deur Eksekuteurs vir Boedels en Testamente te vertrou met hierdie belangrike taak, alles in jou taal.

Maak vandag nog ’n afspraak.

Vir meer inligting volg hulle op Facebook, LinkedIn en Instagram.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.75
+0.5%
Rand - Pond
23.89
+0.4%
Rand - Euro
20.35
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.46
+0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Platinum
1,040.22
-0.4%
Palladium
912.05
+1.0%
Goud
2,322.44
-0.2%
Silwer
30.22
-0.6%
Brent-ruolie
81.11
-1.0%
Top-40
70,455
0.0%
Alle aandele
76,704
0.0%
Hulpbronne 10
61,314
0.0%
Industriële 25
106,760
0.0%
Finansiële 15
16,479
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos