Opwekkingsvermoë van net 11 036 MW was Sondag weens onbeplande foute afgeskakel – ’n verstommende verlaging van 4 487 MW teenoor die 15 523 MW op 26 April.
Dis boonop 7 162 MW minder as die tot 18 198 MW wat in dieselfde tyd in 2023 onbeskikbaar was.
Eskom sê dis danksy dié verbetering dat die ligte aan bly sedert beurtkrag op 26 Maart om 05:00 opgeskort is. Maandag is dus die 41ste volledige kalenderdag sonder beurtkrag.