Die weermag wat in Desember 2022 weens “dringende nood” by Eskom se kragstasies ontplooi is, is steeds daar, al is daar glo nie nou ’n sabotasiegevaar nie.
Altesame 880 soldate is ontplooi wat eers net tot Maart 2023 die kragstasies sou beskerm.
Pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet het op 11 Mei verlede jaar, as deel van ’n verklaring oor die kabinetsvergadering van die vorige dag, kortliks daarop gesinspeel dat daar ’n komplot is om ’n ineenstorting van die kragnetwerk mee te bring.